Suid-Afrika se goudproduksie het met 17,7% afgeneem van September 2007 tot September 2008. Dit benadruk die land se agteruitgang as een van die wêreld se grootste goudprodusente.
Sedert die piek in goudproduksie in 1970, is dit konstant besig om te daal en verlede jaar het China in die eerste plek ingeskuif met Suid-Afrika tweede.
Syfers wat deur Statistiek SA gister vrygestel is, wys dat die land se totale mynproduksievolume met 3,5% gedaal het van September verlede jaar tot September hierdie jaar, grootliks as gevolg van die daling in gouduitset. Ander minerale se produksie het nietemin ook afgeneem.
Die afname is 'n donker vooruitsig vir die land se BBP-groei in die derde kwartaal (Bruto Binnelandse Produk) wat teen die einde van die maand bekend gemaak sal word.
Friday, 28 November 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)