Saturday, 30 May 2009

Siekte kos geld

Meeste menses al waarskynlik ‘n ernstige siekte onwikkel voor hulle doodgaan. Sonder die nodige versekering kan siekte egter ‘n redelike groot impak op jou finansies hê.

Navorsing toon aan dat al meer mense geneig is tot chroniese siekte, en kenners beveel aan dat gesondheidsversekering deesdae ‘n noodsaak, eerder as ‘n luukse, is.

Die vier grootste oorsake van sieklikheid wêreldwyd is kanker, hartaanvalle, beroertes en hartomleiding.

Moenie vryskutpersoneel afskeep

Die huidige ekonomiese toestand noop maatskappye om gebruik te maak van vryskut personeel. So bespaar hulle nie slegs op kostes nie, maar kan hulle ook besluit wanneer hulle hierdie personeel wil huur.

Vryskutpersoneel moet egter nie afgeskeep word nie. Hulle moet deel gemaak word van die span, en dit sal hulle motiveer om beter diens te lewer. Permanente personeel moet hulle touwys maak en hulle prys vir goeie werk.

Vryskutpersoneel moet ook toegerus word met die nodige hulpbronne wat hulle nodig het om produktief te wees. En kommunikasie tussen die vryskut- en permanente personeel moet nooit onderskat word nie. Kommunikeer, kommunikeer, moet nooit ophou kommunikeer nie.

Empatie nou winsgewend

Die waarde van empatie in die werksomgewing is in die verlede dikwels onderskat, en dit word nie werklik met die korporatiewe omgewing geassosieer nie.

Dinge is egter aan die verander, en diegene wat empaties met ander kan omgaan, verdien meer respek (en geld) by hulle kollegas en kliënte. Jamie Lywood en Nickie Hawton, onderskeidelik die uitvoerende hoof en hoof-konsultant van Harding and Yorke in Brittanje, sê empatie sal voortaan moontlik kan bydra tot groter winste.

Die verbruiker sal aanklank vind by diegene wat empaties na hom of haar luister, en dus is die kans groter dat hy/sy by daardie spesifieke winkel sal koop.

Super-rekenaar in Duitsland bekendgestel

‘n Nuwe super-rekenaar met die krag van 50 000 persoonlike rekenaars, is Dinsdag in Europa bekendgestel. Die rekenaar, bekend as “Jugene”, is die vinnigste rekenaar in Europa, en die derde vinnigste wêreldwyd.

Die Jugene is instaat tot 1,000,000,000,000,000 berekeninge per sekonde. Hierdie rekenaar behoort tot dieselfde klas van rekenaars as die “Roadrunner” en “Jaguar” rekenaars in Amerika.

Die Jugene sal onder andere gebruik word vir navorsing op brandstofselle vir elektriese voertuie, weervoorspelling en navorsing met betrekking tot die onstaan van die heelal.

Universiteite gebruik iPhone

Die Aoyama Gakuin Universiteit in Tokio het 550 gratis Apple se iPhone 3G aan hulle studente wat by hulle Skool van Sosiale Informatika studeer, gegee. Die studente bestudeer die samelewing se gebruik van die Internet en rekenaartegnologie.

Die toestel kom ook met ‘n satelliet navigasiestelsel wat outomaties ingestel word. Dit sal ook help om die studente se klasteenwoordigheid te reguleer. Maar studente wat hulle klasse misloop, kan altyd hul teenwoordigheid fnuik deur die foon aan ‘n klasmaat te gee.

Ander universiteite soos Standord Universiteit en Duke Universiteit in Amerika, maak ook van die toestel gebruik.

Weduwee dagvaar maatskappy

'n Weduwee van Franskraal in die Overberge het 'n multimiljoen-rand eiendom beleggingsmaatskappy aangevat.

Elma Taylor het suksesvol aansoek gedoen vir die voorlopige likwidasie van City Capital SA Property Holdings Ltd - maar Taylor en duisende ander pensioenarisse kan steeds finansiële moelikheid in die gesig staar nadat hulle glo deur die maatskappy mislei is.

Die maatskappy het glo gesê dat hulle talle eiendomme besit, maar dit het aan die lig gekom dat hulle slegs aandele in die eiendomme het.

Staatsdokters kry steun

Dokters in die openbare gesondheids-sektor het gesê hulle is aangemoedig deur die ondersteuning wat hulle gekry het vanuit verskillende oorde in hulle stryd om 'n salarisverhoging.

Onder die wat hulle ondersteuning aan dokters toegesê het is vakverbond Cosatu, die ANC jeugliga en die Treatment Action Campaign (TAC).

Dokters het Vrydag opgetrek na die Departement van Gesondheid in Pretoria om 'n memorandum aan die Minister van Gesondheid Dr Aaron Motsoaledi te oorhandig.

Hulle eis die spoedige inwerkingstelling van beroepspesifieke vergoeding (OSD) – waarvolgens staatsamptenare volgens kwalifikasie en aantal diensjare vergoed word en wat hulle salarisse met ongeveer 50% sal verhoog.

Rykes 'moet armes help'

Ryk Suid-Afrikaners moet hul belde stywer trek sodat hulle die armes kan help om die ekonomiese storm te oorleef, het Minister van Arbeid Membathisi Mdladlana gesê.

"Ons benodig sosiale solidariteit tussen Suid-Afrikaners om seker te maak dat die krisis nie die samelewing skade aandoen nie," het hy gesê by 'n kongres van die Nasionale Unie van Mynwerkers.

Mdladlana het ook gesê werkgewers moet aanhou om mense aan te stel en vaardighede te leer want vaardighede sal benodig word sodra die ekonomiese storm verby is.

Goedkoper internet vir SA

Goedkoper telekommunikasie en internet-konneksies is eersdaags hier wanneer die Seacom ondersese optiese kabel aan die einde van Junie aanlyn kom.

Seacom is reg om die eerste projek te word wat gelyke en oop toegang tot goedkoop bandwydte aan oos- en suider-Afrika verskaf, het Seacom uitvoerende hoof Brian Herlihy gesê.

"Binne 'n maand sal suider en oos-Afrika uiteindelik werklik gekoppel wees aan internasionale breëband netwerke," het Herlihy gesê en Suid-Afrika sal uiteindelik deel wees van die hoë-spoed internet hoofweg met ware breëband vermoë.

Rand vaar goed

Die rand het gister tot onder R8 teenoor die dollar verstewig en ontleders sê daar is aanduidings dat die rand nog beter sal vaar, veral as die dollar verder verswak.

Die rand se vertoning kom glo in reaksie op positiewe uitlatings.

Die rand het Vrydag laatmiddag teen R7.9685 verhandel vanaf R8.08 vroeër.

Friday, 29 May 2009

ArcelorMittal-uitspraak tersyde gestel

Die appèlhof vir mededinging het ’n uitspraak deur die regbank vir mededinging dat ArcelorMittal SA te veel vir sy platstaalprodukte gevra het, tersyde gestel. Die saak is opnuut na die regbank verwys.

Die hof het ook ArcelorMittal SA se boete van R691,8 miljoen, wat in 2007 deur die regbank ingestel is, tersyde gestel.

Die saak spruit voort uit ’n klag wat Harmony Gold Mining Company en Durban Roodepoort Deep teen ArcelorMittal SA en Macsteel International Holdings ingedien het.

Saab kry nog drie maande

Die hof het besluit om die Sweedse motorvervaardiger, Saab, nog drie maande te gee om sy onderneming te herstruktureer.

Dit lyk of Saab se moedermaatskappy, General Motors, dié nie-winsgewende eenheid gaan verkoop.

Saab het op 19 Mei ’n aansoek om uitstel by die Vaenersborg-distrikshof in suidwes-Swede ingedien. Saab het nou tot 20 Augustus tyd om hom vir nuwe eienaarskap voor te berei.

As Saab tot niet gaan, sal dit 15 000 poste in Swede in gedrang bring.

RMB stel nuwe hoofekonoom aan

Rand Merchant Bank se Ettienne le Roux is as die bank se nuwe hoofekonoom aangestel.

Hy volg die 62-jarige Rudolf Gouws op wat aan die einde van die jaar Kaap toe verhuis ná 23 jaar by RMB. Gouws sal in die RMB-direksie aanbly en steeds beskikbaar wees vir RMB en die ander FirstRand-maatskappye wat hy tans adviseer.

Le Roux het in 1997 as ekonoom by RMB aangesluit en was sedert 2005 RMB se senior ekonoom. Hy neem op 1 Julie 2009 die leisels by Gouws oor.

Uranium One se aandele val

Uranium One se aandele op die JSE het met ongeveer 41% gedaal sedert Kazakstan Woensdag aangekondig het dat hulle besig is met ’n ondersoek na die voormalige hoof van die staatskernenergiemaatskappy, Kazatomprom.

Mukhtar Dzhakishev het na bewering aandele in ’n maatskappy wat gedeeltelik deur Uranium One besit word, verduister. Hy is vroeër vandeesweek gearresteer.

Uranium One besit ’n 30% aandeel in die Kyzylkum gesamentlike onderneming, wat die Kharasan-projek in Kazakstan besit. Die res van die gesamentlike onderneming word besit deur Kazatomprom (30%) en ’n Japannese konsortium.

PetroSA oorweeg gasterminaal by Mosselbaai

PetroSA oorweeg dit om ’n terminaal vir die invoer van vloeibare gas by Mosselbaai te bou, het die staatsbeheerde maatskappy Donderdag gesê.

Volgende jaar sal plaaslike gasreserwes wat ter see ontgin word, benede ekonomiese produksievlakke daal.

Die invoer van vloeibare natuurlike gas sal dit moontlik maak om die fasiliteite by Mosselbaai ná volgende jaar te gebruik.

'Resessie nog nie verby'

Nouriel Roubini, die bekende mismoedige ekonoom wat die finansiële krisis voorspel het, het Donderdag gesê hoewel die resessie in die VSA moontlik kan verby wees teen die einde van die jaar, nog ‘n insakking moontlik was volgende jaar.

Hy het gesê dat groei negatief sou wees tot en met die vierde kwartaal van die jaar. Dit is sy opinie dat die resessie nog ses tot nege maande gaan duur.

Roubini gee klas by die New York Universiteit en staan ook aan die hoof van die navorsingsfirma, RGE Monitor.

GM-plan neem vorm aan

General Motors het Donderdag die finale aspekte van sy beplande bankrotskap bepaal, wat die Amerikaanse regering ‘n tot 72.5% aandeel gee in die nuwe maatskappy.

GM het gesê die Amerikaanse departement van finansies het ingestem om ‘n nuwe maatskappy te skep wat die bates koop van die sukkelende motorvervaardiger.

Die Amerikaanse regering sal na verwagting miljarde uitgee op hierdie plan.

Myn wil poste sny

Assmang, wat beheer word deur African Rainbow Minerals en Assore, beplan om amper 20% van sy werknemers by die Black Rock mangaanmyn te laat gaan, het die vakbond Solidariteit Donderdag gesê.

Die vakbond het gesê dat die groep beplan om 261 van die myn se 1 388 werknemers te laat gaan.

Die oorsaak is glo die myn se swak vertoning in die huidige ekonomiese klimaat.

Mboweni waarsku oor rentekoers

Suid-Afrika se reeks van rentekoersverlagings het tot ‘n einde gekom.

Die Reserwebankbaas, Tito Mboweni, het Donderdag gewaarsku dat die monetêre beleid “so veel gedoen het as wat dit kan”.

Nadat hy ‘n 1% verlaging in die amptelike repokoers aangekondig het, het hy gesê nog verlagings is onwaarskynlik.

Telkom maak salarisaanbod

Telkom het aangebied om werknemers se salarisse met 7.5% op te stoot in elkeen van die volgende twee jaar.

Telkom het ook verder onderneem om nie nog werknemers af te dank nie, het die Solidariteit-vakbond Donderdag gesê.

Die aandeelprys van die maatskappy het 0.82% verloor en staan op R36.30.

Thursday, 28 May 2009

Reserwebank sny repokoers

Die Reserwebank het Donderdag die repokoers met 100 punte tot 7.5% gesny. Dit sal die ekonomie ‘n hupstoot gee nadat vroeër die week aangekondig is dat die land die eerste keer in 17 jaar ‘n resessie beleef.

Sedert Desember is 350 basispunte reeds gesny. Dit is nou op die laagste vlak in bykans drie jaar sedert vyf persentasiepunte verhogings tussen Junie 2006 en Junie 2008.

GM, Duitsland in bitter stryd

Samesprekings om General Motors Europase Opel aanleg van bankrotskap te red het op ‘n dooiepunt uitgeloop. Duitsland en die VSA kon nie tot ‘n vergelyk kom nie en die moontlikheid bestaan dat duisende mense oor die hele Europa hul werk kan verloor.

Die uitgerekte samesprekings was daarop gemik om ‘n geskikte koper te vind. Die Duitse regering was bereid om miljarde euros in ooreenkomste aan enige moontlike belegger te maak.

Nuwe wetgewing sluit rondslomp uit

Nuwe maatskappye wetgewing wat te make het met skikkings en ooreenkomste het dit ten doel dat sulke “reddingspakkette” nie meer sulke aansoeke aan die hooggeregshof hoef voor te lê nie. Dit sal die regte van krediteure nog verder beperk.

Volgens die wet kan ‘n raad of likwidateur van ‘n maatskappy slegs ‘n afskrif van so ‘n voorgestelde ooreenkoms aan die maatskappye en sy krediteure stuur.

Resepterende dokters word genader

Die departement van gesondheid hoop om gou ‘n ooreenkoms met resepterende dokters te bereik nadat onderhandelings vroeër die week op ‘n dooiepunt uitgeloop het.

‘n Woordvoerder sê die departement het ‘n afvaardiging van die National Convention on Dispensing gevra vir nog ‘n vergadering, maar hulle wag nog vir terugvoer. Die dokters wil hê wetgewing oor reseptering moet geskrap word.

Numsa kwaad vir Mboweni

Die Reserwebank president, Tito Mboweni het weer die National Union of Metalworkers (Numsa) omgekrap.

Hulle sê hoewel hy ingestem het dat iemand van sy kantoor Woensdag ‘n memorandum van marsjeerders sou ontvang, het hulle voor geslote deure te staan gekom.

Numsa sê meer as 2 000 Numsa lede wil hê die Reserwebank moet weet hulle dink die bank volg nie die rigting wat die ANC wil hê dit moet inslaan nie rakende die makro-ekonomiese beleid.

SA lewenskoste is hoog

Die lewenskoste vir Suid-Afrikaners skiet die hoogte in maar die afname in ekonomiese groei kan beteken dat daar dalk nie ernstige rentekoers verminderings kan kom nie wat verbruikers sal uithelp nie.

Ekonome is nie seker tot watter mate die rentekoerse gesny gaan word nie.

“Verbruikersinflasie is kommerwekkend en dit reflekteer ook druk op besighede want hulle kan nie pryse sny nie,” het Danelee van Dyk gesê.

Ferrochroomvervaardigers sukkel

Samancor Chrome, die wêreld se tweede grootste ferrochroomvervaardiger sal moontlik van sy Suid-Afrikaanse fabrieke moet sluit weens stygende uitgawes.

Uitgawes het “dramaties” opgegaan en elektrisiteitstariewe sou nog verder styg, het voorsitter Danko Konchar Woensdag gesê. Samancor het ongeveer 75% van sy besigheid weer begin nadat all vervaardiging in Desember gestaak is weens swak aanvraag.

Ander ferrochroomvervaardigers soos Xstrata, Hernic en International Ferro Metals het ook vervaardiging opgeskort weens vallende pryse en ‘n daling in die aanvraag na vlekvrye staal.

Koerante nog ver van dood

Die verkoop van koerante wêreldwyd het bietjie gestyg laas jaar, soos winste in Afrika, Asië en Suid-Amerika verliese in Europa en die VSA teëgewerk het.

Koerantverkope het met 1.3% gegroei laas jaar, het Gavin O’Reilly van die Wêreldvereniging vir Koerante gesê.

Hy het gesê mense wat die dood van koerante voorspel maak ‘n fout en verwys na lande soos Indië waar daar 16% groei was oor die afgelope jaar.

Illovo maak planne

Die suikermaatskappy, Illovo, het Woensdag gesê hy wil fondse insamel met ‘n plan wat sy afhanklikheid van duur bankfinansiering sal verminder.

Die besturende direkteur, Graham Clark, het Woensdag gesê die finansiële krisis het die maatskappy in ‘n posisie geplaas waar hy ongemaklik is met die huidige stand van sake.

Clark het egter gesê die maatskappy het goeie kontantvloei.

Lugrederye wil SAA dagvaar

Comair en Nationwide se likwidateur wil vir SAA dagvaar vir R469m oor skemas wat die nasionale lugredery aan reisagtente aangebied het tussen 1999 en 2005, wat ander maatskappye na bewering benadeel het.

SAA het reeds boetes van R60m betaal oor die reisagentskema.

Die nuus oor Comair en Nationwide se planne kom op ‘n tyd wat SAA verliese ly en na die regering kyk vir hulp.

Wednesday, 27 May 2009

SAID-ure verleng

Die SA Inkomstediens (SAID) se sake-ure word verleng vir die tydperk tot 30 Mei, die sperdaum vir werkgeweropgawes.

SAID-kantore sal oop wees tot 18:00 in die week, en van 8:00-13:00 op Saterdag.
Die Ontvanger het in ’n verklaring gesê hulle verwag ’n groot toename in indienings, indien die opgawes verlede jaar se vlak van 160 000 rekonsiliasies en sowat 6.5 miljoen sertifikate sal oorskry. Teen Dinsdag is sowat 85 000 EMP501 (PAYE) rekonsiliasies en 5 miljoen IRP5/IT3 (a) werknemers-belastingsertifikate ontvang.

Inflasie steeds hardnekkig

Verbruikersprysinflasie (VPI) het in April effens gedaal van 8.4% jaar-op-jaar van die 8.5% in Maart, aldus Statistiek SA.

Volgens Nedbank-ekonoom Carmen Altenkirch is inflasie hardnekkig weens dienste-inflasie.

“Dienste maak nou so ’n groot deel uit van die VPI-mandjie dat hul impak vergroot het.” Sy meen egter die inflasiesyfer sal nie die Monetêre Beleidskomitee beïnvloed in sy besluite oor rentekoerse nie.

Taxibestuurders opgelei

3000 Taxibestuurders word opgelei vir die Fifa Konfederasiebeker in aspekte soos verbruikersorg en noodhulp.

Volgens Eric Motshwane, voorsitter van die Groter Johannesburg Streekstaxivereniging het hulle ontmoet met die provinsiale regering om aflaaipunte vir besoekers te bespreek.

Intussen is die raad tjoepstil oor hoe hulle die beplande Bus Rapid Transit (BRT)-stelsel gaan bedryf, hoewel segspersoon Gabu Tugwana sê hulle het wel tot ’n slotsom gekom.

Metrobus-staking verby

Die vyfdaagse Metrobus-staking oor salarisse is verby, aldus ’n woordvoerder van die Stad Johannesburg.

Gabu Tugwana sê die werkers het ’n skikkingsaanbod aanvaar en met hul lede oorleg gepleeg. Dit beteken effektief dat die beplande sekondêre staking wat vir Donderdag beplan is, sowel as ’n beplande aansoek tot die Arbeidshof om die staking te keer, ook van die baan is.

Volgens Tugwana word die dienste Vrydag hervat.

Asiese markte beter

Asiese markte het ‘n hupstoot gekry na ’n verslag wat toon Amerikaners is meer optimisties oor hul ekonomie. Dit het die hoop versterk dat die wêreldwye ressessie gou sal omkeer.

Amerikaanse verbruikersvertroue is op sy hoogste vlak sedert September en is veel hoër as ekonome se verwagtings. In Japan is die Nikkei 1.4% hoër en die Hong Kong se Hang Seng het met 5.3% versterk. Die Shanghai indeks is 1.7% hoër terwyl die Singapoer indeks 2.8% beter is.

Optog teen rentekoerse beplan

Die vakbond Numsa het gesê hy gaan ‘n optog reël na die Reserwebank in Pretoria Woensdag om te protesteer teen hoë rentekoerse.

Woordvoerder Alex Mashilo het gesê die aandag moet gevestig word daarop om mense te red van die dreigende kapitalistiese sisteem.

Mashilo wil hê die Reserwebank moet banke reguleer.

Rand verhandel goed

Die rand het sterk verhandel Woensdagoggend en was teen 09:00 R8.2919 teenoor die dollar en R11.5854 teenoor die euro.

Die RMB-analis John Cairns het gesê die feit dat Suid-Afrika in ‘n erger resessie is as wat voorheen gedink is, is sleg vir die rand en veronderstel rentekoers verlagings.

Hy het gesê daar word gewag op nuwe markinligting wat Woensdag in die VSA vrygestel word.

Ontluikende markte begin herstel

Dit blyk dat ontluikende markte besig is om te herstel, het die Indiese minister van finansies, Pranab Mukherjee, Dinsdag gesê.

Hy het gesê geld moet beskikbaar gestel word om paaie en infrastruktuur te herstel en dat uitvoerders se probleme aangespreek moet word. In Turkye sou nuwe aansporings bekend gemaak word om beleggers aan te moedig en die ekonomie aan te help nadat werkloosheid 16% bereik het.

In Pole het kleinhandelverkope vir die eerste keer in drie maande gestyg en blyk dit dat werkloosheid begin verminder.

Verdere werksverliese verwag

Die direkteur-generaal van die departement van finansies, Lesetja Kganyago, het gesê verdere werksverliese is onvermydelik terwyl die ekonomie nog krimp.

Daar is Dinsdag amptelik aangekondig dat die land in ‘n resessie is.

Die enigste sektore wat tans groei toon, is dié wat op plaaslike verbruikers staatmaak, met uitvoersektore wat die ergste getref is.

Die beste sektore was tans die boubedryf, wat met 9.4% gegroei het, asook regeringsdienste en persoonlike dienste wat met 3.1% gegroei het.

Ekonome is bekommerd

Baie ekonome sê die ekonomiese inkrimping in Suid-Afrika is erger as wat hulle gedink het.

Die direkteur-generaal van die departement van finansies, Lesetja Kganyago, het Dinsdag op ‘n perskonferensie gesê die land is amptelik in ‘n resessie en sou gelukkig wees as daar nul groei beleef word vanjaar.

Die ekonoom Arthur Kamp het gesê dit was kommerwekkend dat die probleme van die myn-en vervaardigingssektor versprei het na die dienstesektor, wat meer as 60% van die ekonomie beslaan. Ander het gesê die repokoers sal gesny moet word om die ekonomie uit te help.

Tuesday, 26 May 2009

GM maak hard planne

General Motors in die VSA is hard besig om veranderings aan te bring en daar word vermoed dat nog fabrieke sal sluit en nog werknemer toegewings voor 1 Junie gemaak gaan word. GM het Vrydag nog $4 biljard van die federale regering geleen nadat hulle reeds $15.4 miljard ontvang het. Die regering het gesê as planne om grootskaalse verandering teweeg te bring nie slaag nie, sal die maatskappy bankrot verklaar word.

Die regering wil hê GM moet hul skuld verminder en ookarbeidskoste en handelaarsverkooppunte inkort.

'Skuldige maatskappye moet meer betaal’

Die Food and Allied Workers’ Union (Fawu), sê maatskappye wat aangekla word van onmededingende sakepraktyke behoort ’n persentasie van hul jaarlikse omset aan die ontwikkeling van die landbousektor te gee. Die unie sê dit behoort gedoen te word bykomend tot die groot boetes wat opgelê word, soos die R250 miljoen wat Sasol beboet is vir onmededingende gedrag in die kunsmissektor.

Fawu sê die geld kan byvoorbeeld aan opkomende boere geskenk word wat “groot verliese in die gesig staar weens die maatskappye se geldgierigheid”.

SA tegnies in resessie

Suid-Afrika beleef die eerste keer in 17 jaar ‘n resessie. Inligting wat Statistiek SA bekend gemaak het, dui daarop dat die Bruto Binnelandse Produk ‘n negatiewe koers van -6.4% die eerste kwartaal van 2009 gehad het, vergeleke by ‘n saamgetrokke 1.8% in die vierde kwartaal van 2008.

Ekonome sê twee agtereenvolgende kwartale van negatiewe groei dui daarop dat die ekonomie tegnies in resessie is. Twee meningspeilings sê BBP het die eerste drie maande van vanjaar met 3.9% afgeneem.

JSE taamlik stil

Die Johannesburgse Effektebeurs het nie enige noemenswaardige bedrywighede Dinsdag in vroeë verhandeling getoon nie, want handelaars wag vir aanduidings van beide Amerika en Brittanje, waar markte Maandag vir ‘n vakansiedag gesluit was.

Die rand het Maandag op R8.28 gesluit en in vroeë verhandelings is dit teen R8.32 kwoteer. Goud is teen $952.47 per ons verhandel, vergeleke by $956.75 teen sluitingstyd.

Vavi waarsku oor stakings

Baie pasiënte kan moontlik Vrydag onverrigter sake huis toe keer as hulle siek voel, want dokters in Pretoria gaan staak om hul ontevredenheid met verskeie aangeleenthede in die gesondheidsektor uit te lig.

Die dokters se protesaksie vorm deel van ‘n hele reeks stakings wat Cosatu se Zwelinzima Vavi bestempel as Suid-Afrikase grootste stakings in die openbare sektor ooit. Die stakings sluit in dokters, verpleegsters en munisipale werkers insluit.

Rusland wil uitgawes keer

Die Russiese President, Dmitry Medvedev, het Maandag gevra dat sterker opgetree word om staatsuitgawes te keer aangesien die land se eens-sterk ekonomie nou begin om die wêreldwye ekonomiese inkrimping te voel.

Medvedev het gesê die land se begrotingstekort sou hierdie jaar ten minste 7% wees van die land se bruto binnelandse produk.

Trans Hex diep in die rooi

Trans Hex het ‘n verlies van R819 miljoen gerapporteer vir die jaar wat geëindig het op 31 Maart 2009, het die diamantmyn Dinsdag gesê.

Dit kom in vergelyking met 'n profyt van meer as R46m die vorige jaar.

“Die wêreldwye finansiële krisis gekombineer met ongunstige marktoestande het gelei tot wat waarskynlik die mees uitdagende periode is in die diamantbedryf se geskiedenis,” het hoof-uitvoerende beampte, Llewellyn Delport, gesê.

Diamantpryse het aansienlik geval vanaf September 2008 tot en met Februarie 2009.

4 000 nuwe poste geskep

Ten minste 4 000 poste sal geskep word by die Mshwathi Munisipaliteit in KwaZulu-Natal waar ‘n fabriek oopgemaak gaan word wat meubels en dakprodukte gaan vervaardig.

Die fabriek gaan gebou word deur die Viëtnamese maatskappy, Navifico, het die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme Maandag gesê.

Die belegging word geskat op R100m.

'Stuur liewer 'n SMS'

Die meeste Suid-Afrikaners is bekommerd oor hul ekonomiese toekoms en dit het ‘n taamlike groot invloed op hulle betaalgedrag, wys ‘n studie deur die UCT Unilever Instituut vir Strategiese Bemarking.

Die studie het gemeet hoe verbruikers verander het sedert September en was die grootste van sy soort wat gedurende SA en ‘n resessie gedoen is.

Meer as 75% van die mense wie se menings gevra is, het gesê dat hulle meer versigtig is met hul uitgawes en amper ewe veel mense het voorspel dat sake nog erger sal raak voordat dit verbeter.

Om geld te bespaar, het baie gesê hulle stuur eerder ‘n SMS as om te bel, koop goedkoper klere en leen boeke eerder as om hulle te koop.

Beleggers hou van MTN-plan

Die MTN Groep het ‘n tree nader gegee daaraan om een van die grootste spelers in ontwikkelende markte te word.

Afrika se grootste selfoonmaatskappy het Maandag gesê dat samesprekings met Indië se Bharti Airtel weer op dreef is en dat daar gekyk word na ‘n ooreenkoms ter waarde van R192 miljard.

Beleggers het hul goedkeuring van die idee gewys deur die maatskappy se aandeelprys op te jaag met 9.16%.

Monday, 25 May 2009

Rand verhandel sterker

Die rand het sterk verhandel in vroeë verhandings Maandag vergeleke by ‘n swakker Amerikaanse dollar. Markte in beide die VSA en Brittanje is vir ‘n vakansiedag gesluit.

Vroeg Maandagoggend is die rand verhandel teen R8.2625 teenoor die dollar nadat dit gesluit het op R8.2604. Dit het teen R11.5830 teenoor die euro verhandel nadat dit op R11.6045 gesluit het en op R13.1518 teenoor die pond van R13.1888.

Onwettige aktiwiteite verhoog

‘n Direkteur van Ernst & Young, David Coleman, sê soos die gevolge van die wêreldwye finansiële krisis uitkring en die aantal maatskappye wat probleme in die gesig staar verhoog, is daar ‘n groter moontlikheid dat werknemers in onwettige aktiwiteite betrokke kan raak. Hy sê die bestuur en werknemers swig onder druk om wette te oortree.

“Daar is reeds aanduidings in die mark dat meer maatskappye gelikwideer word en meer sake van bedrog word aangemeld”, sê Coleman.

MTN aandele styg

MTN aandele het met 7.14% tot R127.50 Maandagoggend gestyg nadat dit bekend geword het dat hulle in samesprekings gewikkel is om aandele in Indië se selfoonnetwerk Bharti Airtel te koop.

As alles volgens plan verloop, sal Bharti ‘n 49% aandeel in MTN verkry en MTN ‘n 36% aandeel in Bharti, waarvan 25% aan MTN sal gaan en die res na MTN aandeelhouers.

Motorterminaal by Durban hawe stiller

Die benutting van Durbanse motorterminaal het met 37% gedaal, maar werk vorder fluks om die eenheid te vergroot. Die manier hoe die terminaal gebruik word het ook effens verander, met uitvoere wat ‘n verhoging toon en invoere wat afneem.

Bykans 260 000 motors is in die 1007/08 finansiële jaar ingevoer, terwyl uitvoere bykans 123 000 was. In die tydperk 2008/09is amper 185 000 motors ingevoer en bykans 183 000 is uitgevoer.

Pioneer maak groot wins

Die land se tweede grootste voedselmaatskappy, Pioneer Foods, sê die hoër kospryse het gehelp dat die maatskappy ‘n kontantwins van R711 miljoen, ‘n verhoging van 32% gemaak het. Die algehele wins het met 34% tot R297 miljoen gestyg. Dit is in die tydperk wat einde Maart vanjaar geëindig het.


Die groep sluit in handelsmerke soos Bokomo, Liquifruit, Ceres, Weetbix, Safari en Pepsi.

Huispryse het met 3.6% geval

Die huismark, getref deur werkloosheid en ‘n afname in besteebare inkomste, sal na verwagting verder swaarkry hierdie jaar, het Absa Maandag gesê.

Dit kom ten spyte van ‘n verlaging in rentekoerse, het Jacques du Toit, ‘n senior eiendomsanalis gesê.

Pryse het met ongeveer 3.6% geval in die eerste kwartaal van die jaar.

Diamantmyne sukkel

Suid-Afrika se diamantvervaardiging sal verder afneem tot ten minste 2011, het konsultasiefirma Frost & Sullivan Maandag gesê.

Die maatskappy voorsien dat Suid-Afrika se diamantvervaardiging sal afneem van 15.8 miljoen karaat in 2008 na ongeveer 12 miljoen karaat in 2011.

Die afname in die aanvraag na diamante het veroorsaak dat baie diamantmyne produksie sny, kostes bepaar en selfs toemaak.

Bharti beloer MTN

Bharti Airtel, Indië se top selfoonnetwerk, is tans in samesprekings gewikkel om ‘n 49% aandeel te koop in Suid-Afrika se MTN Groep.

Bharti het gesê die ooreenkoms is moontlik R23 miljard werd en sal ‘n nuwe ontwikkelende markte telekomgroep behels.

Bharti het reeds 100 miljoen intekenaars en MTN is suidelike Afrika se grootste selfoonmaatskappy.

Basil Read het groot planne

Basil Read, die gelyste boumaatskappy, het aangekondig dat hulle nog ‘n konstruksie maatskappy in Johannesburg en Pretoria gaan aankoop, wat hul eie bou-afdeling gaan laat verdubbel in grootte.

Die transaksie beloop glo meer as R300 miljoen.

Die beoogde ooreenkoms is egter afhanklik van aandeelhouers se goedkeuring by ‘n algemene vergadering.

Reddingsplan vir Frame

‘n Reddingsplan vir Frame Textiles sal Maandag aan ministers Rob Davies en Ebrahim Patel voorgelê word, maar die departement van handel en nywerheid wil graag die idee uit die weg ruim dat sy reaksie op die krisis in die tekstielbedryf gemik is daarop om net een maatskappy te help.

Die departement het laas week ‘n program bekend gestel wat alle tekstielbedrywe wil help.

‘n Woordvoerder vir ‘n tekstielvakbond, Andre Kriel, het egter gesê die nuwe dringendheid waarmee bedryfssake aangespreek word, word verwelkom.

Saturday, 23 May 2009

Britse visums ‘’n geldmakery’

Liam Clifford, besturende direkteur van www.globalvisas.com, a private maatskappy wat immigrasie- en visadienste en -advies lewer, sê die koste van Britse visums vir Suid-Afrikaners kom neer op “openlike roof”.

’n Visum vir twee jaar kos R2 795, een vir vyf jaar R5 200 en een vir 10 jaar R6 500.

Met ongeveer 10 000 visumaansoeke per maand deur Suid-Afrikaners, beteken dit Visa Facilitation Services, die Britse agentskap wat die visumaansoeke namens die Britse regering hanteer, maak minstens R360 miljoen per jaar aan fooie.

ANC het bates gestroop – Zille

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, het die ANC daarvan beskuldig dat hulle ’n dag voor die verkiesing bates gestroop het deur 1 000 ha provinsiale grond na ’n nasionale liggaam oor te dra.
Sy het ook die vorige ANC provinsiale regering daarvan beskuldig dat hulle die transaksie in die geheim beklink het.

Grond in o.a. Constantia, Oude Molen, Plumstead, Ravensmead en Philippi is ’n dag voor die verkiesing na die nuwe Behuisingsontwikkelingsagentskap oorgeplaas. Die provinsie het nie ’n sent daarvoor ontvang nie.

Strategiese Duits-Russiese kernvennootskap

'n Duits-Russiese strategiese kernenergievennootskap gaan die oprigting van 26 nuwe kernreaktors teen 2030 in Rusland moontlik maak. Die Duitse nywerheidsreus Siemens en die Russiese maatskappy Rosatom is by dié ooreenkoms betrokke.

Benewens die 26 nuwe reaktors in beplanning, wil die Russe ook 20 reaktors elders bou.

Sowat $4,6 biljoen is vir die oprigting van nuwe kernkragsentrales begroot. Daar word beplan om altesaam ongeveer $47 biljoen te investeer en die Russiese regering sal 40% bydra.

Siemens en Rosatom glo dat daar teen 2030 wêreldwyd 'n aanvraag vir ongeveer 400 reaktors sal wees.

Travelgate LP's kry top poste

Die DA het die ANC se besluit om vier LP’s wat by die Travelgate-bedrogskandaal betrokke was in parlementêre komitees aan te stel, skerp veroordeel.

Die vier LPs is voormalige hoofsweep Nyami Booi, Ruth Bhengu, Beauty Dlulane en Barbara Thompson. Booi moet vroeg in Junie in die hof verskyn op aanklagte wat met dié bedrog verband hou.

Die burgerregtegroep, Afriforum, is ook ontsteld oor die besluit dat die uitgesproke ANC LP, Butana Komphela, die komitee vir sport en rekreasie sal aanvoer.

MeerKAT van die Karoo

Die MeerKAT, ’n reuse plaaslik ontwikkelde astronomiese teleskoop, word 100 km vanaf Carnarvon in die Noord-Kaap opgerig. Miljarde rande is by dié projek betrokke.

Dié teleskoop, wat aanvanklik die Karoo Array Telescope (KAT) genoem is, sal radiogolwe eerder as lig monitor. Sterrekundiges kan akkurate “beelde” uit radiogolwe opbou omdat radiogolwe verder en met minder ontwrigting as lig uitgestraal word.

Die projek is intussen uitgebrei om teen 2012 nóg 80 radioskottels in te sluit, vandaar die naam MeerKAT.

Google sou koerant koop

Google het dit vir ‘n wyle oorweeg om die gedrukte media te betree, maar het egter daarteen besluit.

Google se voorsitter en uitvoerende hoof, Eric Schmidt, het gesê die maatskappy, wat in Kalifornië geleë is, het dit oorweeg om hul welwillendheids-afdeling, Google.org, te gebruik om nuusagentskappe wat nie-winsgewend is, te ondersteun.

Die maatskappy het egter daarteen besluit, aangesien die risiko’s daaraan verbonde eenvoudig te hoog is. Schmidt sê ook hy twyfel of gebruikers sal betaal vir nuus, indien dit alreeds gratis beskikbaar is.

Foto's steeds op internet na verwydering

Gedink jy het jouself van ‘n verleentheid gered deur die onvleiende foto van jou op Facebook te verwyder?

Navorsing toon egter dat etlike van die foto’s wat verwyder word van sosiale netwerk webtuistes, vir selfs ‘n maand na die verwydering steeds gevind kan word op die webblad.

Navorsers het foto’s geplaas op 16 gewilde sosiale netwerk webblaaie, die webadres van die foto’s gestoor, en toe die foto’s verwyder. Die foto’s kon egter na 30 dae steeds op die web gevind word.

Doller daal steeds

Aandele by Wall Street het Vrydag gedaal, nadat die doller vier dae in ‘n ry swak veroon het.

Daar word nou gevrees dat die Amerikaanse regering se kredietwaarde in gevaar is.

Die moontlikheid dat die VSA nou hul AAA kredietwaarde kan verloor, is nou ‘n realiteit.

Die regering se poging om die finansiële industrie te red, het aanleiding gegee tot hierdie probleme.

GM ontvang nog noodfondse

General Motors het Vrydag aangekondig dat die maatskappy ‘n ekstra $4 miljard in noodfondse vanaf die regering ontvang het.

Dit bring die totale noodlenings van die regering op $19 miljard.

Die sukkelende Amerikaanse motorvervaardiger sê die fondse gaan gebruik word om die maatskappy in stand te hou terwyl gewerk word aan ‘n ‘oorlewingsplan’, wat aan die einde van die maand aan die regering voorgelê gaan word.

YouTube 'n suksesverhaal

YouTube word groter by die minuut. Die webtuiste wat mense instaat stel om hul video’s met ander te deel, word deur Google besit.

Elke minuut word 20 ure se videomateriaal op YouTube gelaai. Gedurende 2007 is ses ure se videomateriaal uurliks opgelaai, en in Januarie 2009 het dit opgeskuif na 15 ure per minuut.

“Kom ons kyk of ons die 24 uur merk kan bereik. Dit beteken ‘n hele dag se videomateriaal kan in een minuut opgelaai word,” het Ryan Junee, YouTube se produksiebestuurder, gesê.

Friday, 22 May 2009

Minister beloof vuurwerke

Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, het “vuurwerke” belowe oor die kwessie van arbeidsmakelaars en dit ’n “vorm van mensehandel” genoem.

Hy het kritiek uitgespreek oor maatskappye wat die arbeid van werkers aan die hoogste bieër verkoop, hulle die laagste loon betaal en geen werkloosheidsversekering of belasting aftrek nie.

Hy sê die Nasionale Ekonomiese Onwikkelings- en Arbeidsraad bespreek die kwessie al vir vyf jaar, en het geskimp dat ’n aankondiging binnekort gemaak kan word.

Afrika-krag hou steeds belofte in

Privaatbeleggers is steeds gretig om in Afrika se kragsektor te belê, so lank as die projekte realisties en goed gestruktureer is en regeringsondersteuning kry.

Afrika moet $500 miljard in krag-infrastruktuur belê teen 2030 – een derde vir kragopwekking en die res vir transmissie en verspreiding, het Alasdair Maclay ’n direkteur by die Britse beleggingsgroep Actis by ’n kragkonferensie gesê .

Likiditeitskaarste het finansiers egter genoodsaak om meer op regeringseffektiwiteit te fokus, sê Andrew Johnstone van Africa Infrastructure Investment Managers.

Group Five onttrek uit projek

Die konstruksie van ’n beplande $5 miljard olieraffinadery in noordelike Mosambiek is gehalt ná ’n groot belegger, die Suid-Afrikaans gebaseerde Group Five International, kop uitgetrek het.

Die ontrekking uit Nampula raffinadery word toegeskryf aan die wêreldwye finansiële krisis. Group Five International het sy aandele in die projek te koop aangebied.

Klerebedryf baat by invoertarief-planne

Die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie het die invoertariewe op tekstiele wat nie paaslike gemaak is nie, hersien en aan die SAID oorhandig vir implementering, aldus die Deparment van Handel en Nywerheid (DHN).

’n Rabat-meganisme word beoog om te voorsien vir gevalle waar materiaal nie in genoegsame hoeveelhede beskikbaar is nie, of nie plaaslik vervaardig word nie.

Blue Fin syfers bekend

Blue Financial Services het ’n wesensverdienste per aandeel van 12.47 sent aangekondig vir die jaar tot Februarie, hoër as die 11.86 sent van die vorige jaar. Geen dividend is vir die periode verklaar nie.

Bedryfsinkomste het met 161% gestyg tot R736.3 miljoen, terwyl verdienste met 92.6% gestyg het tot R118.9 miljoen. Die toename is toegeskryf aan organiese groei en uitbreiding in Afrika, sowel as die verkryging van Credit U in Suid-Afrika en Nedfin in Zambië.

Manuel soek ekonomiese herstel

Die wêreld moet hul ekonomië versterk en probeer om die finansiële krisis so vinnig as moontlik agter hulle te sit, het die minister van nasionale beplanning, Trevor Manuel, Donderdagaand gesê.

Hy het by ‘n vergadering gesê, “Ons begin nou eers verstaan die kompleksiteit van wat oor die afgelope 18 maande gebeur het. Ons verstaan dat regulerende foute ‘n gemene deler was.”

Hy het gesê daar moet vinnig opgetree word om swakhede in die regulerende sisteem uit die weg te ruim.

Rand versterk, dollar verswak

Die rand het taamlik verstewig in handel Vrydagoggend en ‘n plaaslike handelaar het gesê die oorsaak was die verkoop van die Amerikaanse dollar.

Teen 09:00 het die rand gestaan op R8.2814 teenoor die dollar nadat dit oornag gesluit het op R8.3190. Die euro was $A1.3948.

RMB analis John Cairns het gesê die dollar het geval tot ‘n laagtepunt weens vrese in die VSA oor die kredietwaardigheid.

Goud lyk goed

Daar is tans ‘n hoogtepunt in die aanvraag na goudmunte, het die SA Gold Coin Exchange Vrydag gesê.

Voorsitter Alan Demby het gesê die groot aanvraag na goudmunte skep die indruk dat die goudmark verder sal verstewig.

Demby het gesê gedurende 2008 was die waarde van die goudmunte, veral Krugerrande, ongeveer 80% hoër as in 2007.

SA ekonomie kry swaar

Suid-Afrika staar ‘n ernstige insakking in die gesig na ‘n langdurige ekonomiese blomtydperk, het die tesourier direkteur-generaal, Lesetja Kganyago gesê.

Die ekonomie het na verwagting in sy eerste resessie in byna twee dekades verval in die eerste kwartaal van die jaar, met veral vervaardigingssektore en mynwese wat die hardste getref is.

“Soos die wêreldekonomie stadiger draai, so raak dit Suid-Afrika ook,” het Kganyago Donderdag gesê.

Ministers baklei oor mandate

Dit wil voorkom asof daar ‘n stryd in die nuwe kabinet is tussen van die ministeriële afdelings. Die nuwe ekonomiese ontwikkelingsministerie kan moontlik sleutelmandate wegneem van die departement van handel en nywerheid.

Collins Chabane, die minister in die presidensie aan die hoof van monitering en evaluasie het laat blyk dat daar onsekerheid is oor watter departement met magtige maatskappye soos Eskom en Transnet sal werk.

Dit is nie duidelik of die minister van openbare ondernemings, Barbara Hogan, beheer sal verloor van SAA, Transet en Eskom nie.

Thursday, 21 May 2009

Investec loop deur

Investec sê ‘n afname in sakebedrywighede weens die moeilike ekonomiese klimaat het hul winste beïnvloed.

Die maatskappy het in ‘n verslag vir die jaar wat op 31 Maart 2009 geëindig het gesê wins het met 22% gedaal en bedryfswins voor belasting het van £508.5 miljoen die vorige jaar tot £398.8 miljoen hierdie jaar gedaal. Investec sê hulle het £80.5 miljoen van private bankkliënte verdien – ‘n afname van 51.6% in vergelyking met die vorige jaar.

Tito kritiseer banke oor rentekoerse

Die president van die Reserwebank, Tito Mboweni, het weer banke gekritiseer omdat hulle nie die voordele van laer rentekoerse aan kliënte gee nie. Dit is die derde keer hierdie maand dat hy plaaslike banke gekritiseer het.

Mboweni gaan Donderdag ‘n vergadering hou met die hoofde van voorste Suid-Afrikaanse banke om die 3.5% verskil tussen die repokoers en die rentekoerse wat banke kliënte vra te bespreek.

Nuwe era vir VSA studente

Nuwe wetgewing wat net wag op President Barack Obama se handtekening kan die einde van ‘n era vir duisende Amerikaanse studente inlei wat MasterCard of Visa gebruik om in moeilike tye te oorleef.

Onder die wetgewing mag kredietkaartmaatskappye nie kaarte vir mense onder 21 gee nie, tensy hulle kan bewys dat hulle hul skuld kan terugbetaal of as ‘n ouer of voog borg sal staan. ‘n Woordvoerder van ‘n groep wat studenteregte beskerm, sê hulle hoop dit sal studente help wat andersins maklik die prooi kan wees van buitensporige rentekoerse en ander slaggate.

Groot lugrederye werk saam

‘n Nuwe transatlantiese ooreenkoms tussen Air France-KLM en Delta Air kan jaarlikse verkope van sowat R102 miljard van meer as 200 gesamentlike vlugte elke dag genereer, sê die lugrederye.

‘n Woordvoerder sê die ooreenkoms tussen Europa se grootste lugrederye en die wêreld se grootste lugredery sal hulle help om die wêreldwye ekonomiese toestand te bowe te kom en om die lugrederye te beskerm. Volgens die ooreenkoms sal meer as 50 000 sitplekke daagliks beskikbaar wees.

Vodacom bly in die nuus

Vodacom se markkapitalisie, wat aangeteken is nadat die maatskappy Maandag op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer is, het die waarde van swart bemagtigings insette afgerem. Dit dui daarop dat die sellulêre maatskappy se swart bemagtigingsvennote te veel vir hul aandeel betaal het.

Cosatu het Sondag ‘n dringende hofaansoek gedoen om te probeer om die notering te stop.

Reserwebankhoof gee besonderhede

Die Reserwebankhoof, Tito Mboweni, het Woensdagaand gesê dat die monetêre beleidskomitee voorsien dat die rand sal devalueer met 4.25% in 2009.

Dit is die eerste keer dat die bank besonderhede gegee het van sy inflasiemodel.

Die bank probeer om inflasie, wat 8.5% bereik het in Maart, te hou tussen drie en ses persent.

Ekonomie raak nie jongklomp nie

‘n Studie oor Suid-Afrikaanse verbruikers het gevind dat baie mense hul uitgawes inkort weens die resessie, meer om versigtig te wees, eerder as omdat hulle moet.

Jongmense word die minste geraak deur die resessie aangesien hulle nie geld het nie en maar net ‘n bietjie minder het nou.

Die groep wat die swaarste kry, is mense wat tradisioneel sukkel en nou dit moeilik vind om hoër vervoer- en voedselpryse te betaal. Hierdie groepe het alreeds nie eintlik geld op weelde items uitgegee nie en kan dus nie juis terugsny op daardie uitgawes nie.

Munisipaliteit belowe terugbetaling

Die Stad van Johannesburg sal R1 miljard terugbetaal aan beleggers wanneer hul eerste munisipale verband volgende jaar uitbetaal, het die burgemeester, Amos Masondo Woensdag gesê.

“Vir die afgelope ses jaar het die stad al sy rente verpligtinge nagekom teenoor beleggers op hierdie verband,” het Masondo gesê.

Verkiesing vertraag regeringsplan

‘n Regeringsplan om sukkelende sektors in die ekonomie te help om die moeilike ekonomiese tye te deurstaan het nog nie veel gehelp nie.

Die penarie waarin SA homself bevind het vroeër vandeesmaand duidelik geword toe Statistiek SA rapporteer het dat werkloosheid amptelik opgegaan het tot op 23.5% in die eerste kwartaal van 2009.

Regeringsspanne en taakmagte is op die been gebring om die situasie aan te spreek. Maar Nedlac se hoof-uitvoerende beampte, Herbert Mkhize, sê die verkiesing het sake bemoeilik en vertraag.

'Resessie raak mense anders'

Alle Suid-Afrikaners staar resessie in die gesig, maar dit is nie ewe erg vir almal nie, meen John Simpson van UCT se Unilever Instituut vir Strategiese Bemarking.

Hoe mense die resessie beleef, hang van hul finansiële situasie af, het hy Woensdag in Johannesburg gesê. “Mense met spaargeld om te belê kan selfs beter af wees,” meen hy.

Hy het verder gesê die ervaring het ook te make met ouderdom en selfvertroue, met jonger mense en ryker swart mense wat die meeste selfvertroue het.

Wednesday, 20 May 2009

Ekonomiese krisis bedreig mediese fondse

Die mediese fonds bedryf kan geraak word deur die wêreldwye finansiële krisis, aldus die Raad vir Mediese Fonds Skemas.

Senior adviseur tot die raad, Alex van den Heever, meen hulle kan ’n daling in lidmaatskap sien, hoewel dit eers in die volgende jaarverslag sigbaar sal wees. Waarnemende registrateur Patrick Matshidze sê die mynbedryf sal waarskynlik die ergste geraak word weens werksverliese.

SA verbeter kompeterendheid

Volgens die IMD Wêreld Kompeterendheidsjaarboek val Suid-Afrika se algehele kompeterendheid 48ste uit 57 lande – hoër as sy 53ste posisie die vorige jaar.

Produktiwiteit SA sê die land het in besigheidseffektiwiteit dramaties verbeter van 38 verlede jaar tot 30 vanjaar. Infrastruktuur het verbeter van 55 tot 54, maar ekonomiese effektiwiteit het verlaag van 55 tot 56.

SA eet kitskos deur moeilike tye

Kitskos is steeds gewild onder Suid-Afrikaanse verbruikers wat gebuk gaan onder swaar ekonomiese toestande.

Kitskos-franchisehouer Famous Brands, wat onder meer Steers, Wimpy en Debonairs in sy portefeulje het, het aangekondig sy wesensverdienste per aandeel het met 11% gestyg tot 159 sent. Sy omset het ook met 30% toegeneem tot R1 549 miljoen, terwyl sy bedryfswins met 20% gestyg het tot R262 miljoen.

Konstante uitleenkoerse onnodig - DA

Daar is geen rede waarom banke se uitleenkoers konstant moet bly oor tyd nie, meen die DA.

Dion George van die DA het gesê die BBP-syfers wat volgende week vrygestel word, sal waarskynlik wys hoe verbruikers nou “selfs meer pyn vat van werksverliese en besighede wat sluit” en dat dit die goewerneur van die Reserwebank, Tito Mboweni, se eersdaagse ontmoeting met die banksektor veral belangrik maak.

Laer volumes vir Tiger Brands

Verbruikersbesteding het verander weens die ekonomiese afswaai, wat ’n “negatiewe impak op volume gehad het in baie van die kategorieë waarin Tiger Brands werk”, aldus hoof uitvoerende beampte Peter Matlare.

Tog het die groep se wesensverdienste per aandeel met 8% tot R6.071 in die ses maande tot Maart geklim en die interim dividend is R2.45 per aandeel. Negatiewe faktore was onder meer duurder rou materiaal, hoër rentekoerse en ’n swakker rand. Die groep het sy groei in bedryfsinkomste met 29% gelig tot R1.6 miljard.

Samwu gaan ook staak

Die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu) het kennis gegee dat ‘n staking gehou gaan word deur sy lede in Gauteng nadat die samesprekings oor vergoeding vir busbestuurders deur die mat geval het.

Samwu-woordvoerder Dumisani Langa het gesê al 54 000 van sy lede sou nie werk op 28 Mei nie.

Dit sal in samewerking wees met Johannesburg se Metrobus-bestuurders wat al staak sedert 28 April.

Verbandstres neem toe

Daar word verwag dat meer mense verbandstres sal beleef in die tweede kwartaal van die jaar, het die Alliance Groep Dinsdag gesê.

Verbandstres is wanneer eiendomme meer as twee maande agterstallig is op verbandterugbetalings.

Ernstige verbandstres, wanneer eiendomme meer as vier maande agterstallig is op betalings, sal ook na verwagting toeneem. Die groep het gesê daar is tans baie eiendomme wat opgeveil word.

Kragtariewe kan inflasie opstoot

Elektrisiteitstariewe gaan die grootste invloed op inflasie hê oor die volgende paar jaar.

Vebruikers sal waarskynlik moet vasbyt aangesien die inkomste van hierdie tariewe nodig geag word om infrastruktuur te lewer en daar is min wat die regering daaraan kan doen, sê ekonome.

Eskom het gevra vir ‘n 34% tariefverhoging vir 2009/10.

Vodacom bly versigtig

Vodacom se R8 miljard bestedingsplanne vir 2010, wat Dinsdag aangekondig is, is in gevaar indien marktoestande verder versleg.

Die maatskappy wil verder uitbrei en sy kapasiteit vir stem en datanetwerke vergroot en wil groei in suidelike Afrika.

Maar die hoof-uitvoerende beampte, Pieter Uys, het Dinsdag gesê die groep sal versigtig wees en indien dinge slegter raak, nie al hul kapitaal uitgee nie.

Reddingsplan vir Frames Textiles

In ‘n nuwe poging om poste te red by Frames Textiles, het die minister van handel en nywerheid, Rob Davies en die minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel, met vakbondverteenwoordigers ontmoet om ‘n plan vir die maatskappy te bewerkstellig.

Frames Textiles het 1 400 mense in diens. Indien daar op ‘n plan ooreengekom word, sal dit die land se eerste hulppakket aan ‘n private maatskappy wees.

Tuesday, 19 May 2009

Sewe idees vir ’n doeltreffende ekonomie

Volgens John Matisonn, direkteur van Public Dialogue for Difficult Dialogues, het die nuwe Suid-Afrikaanse regering die volgende sewe idees vir radikale ekonomiese verandering nodig:

1 – Beskou Zimbabwe uit ’n streng Suid-Afrikaanse perspektief.
2 – Benader die Wes-Kaap uit die oogpunt van die hele land se belange.
3 – Stel gapings in Inligtingstegnologie (IT) reg.
4 – Stel ’n opvoedkundige beleid daar wat die vaardigheidsgaping vul.
5 – Bevorder groen energie, veral vir vervoer.
6 – Eksperimenteer met nuwe sake-idees.
7 – Kommunikeer met die publiek.

Lees meer by http://www.busrep.co.za/index.php?fSectionId=553&fArticleId=4988205

Wynbedryf voel ekonomiese krisis

Suid-Afrika se wynverkope ly onder die wêreldwye ekonomiese krisis, het Suid-Afrika se Wine-of-the-Month-klub Dinsdag gesê.

"Dis nie waar dat mense meer drink as dit swaar gaan nie. Hulle drink minder, of koop goedkoper [wyn],” het die klub se voorsitter, Colin Collard, gesê.

Sommige van die plaaslike produsente se uitvoerbestellings is gekanselleer, nie weens lae gehalte of swak diens nie, maar weens moeilike handelstoestande in Suid-Afrika se vernaamste uitvoermarkte.

“Die gevolg is dat duur uitvoerwyne wat moeilik bekombaar was, nou meer geredelik plaaslik beskikbaar is,” het hy gesê.

Buitelandse eienaarskap in perspektief

Cosatu se onlangse poging om Vodacom se notering te verhoed weens die sogenaamde bedreiging wat buitelandse eienaarskap deur Vodafone van Brittanje vir Telkom-werkers sou inhou, het die kollig op buitelandse eienaarskap geplaas.

As buitelandse eienaarskap nie toegelaat word nie, sal maatskappye soos Vodacom en MTN; bankgroepe soos Standard Bank, Eerste Nasionale Bank en Nedbank; konstruksiemaatskappye soos Murray & Roberts, Aveng en Group Five; winkelgroepe soos Shoprite en Pep; en restaurantgroepe soos Nando's, Spur en Famous Brands hulle buitelandse bedrywighede moet staak.

Dit sal hulle inkomste drasties beperk, groei belemmer, en minder geleenthede vir werkers - en selfs werksverlies - beteken.

Nokia sny nog poste

Nokia, die wêreld se voorste selfoonvervaardiger, het Dinsdag gesê nog 170 poste wêreldwyd gaan ingekort word omdat dié maatskappy besig is om sy logistiek, produksiebestuur en produksie-ondersteuningseenhede te herorganiseer.

Minstens 100 van die 170 poste is in Finland in gedrang. Nokia gaan ook vrywillige oortolligheidspakkette aan 320 werknemers by sy Finse fabriek in Salo aanbied.

Sedert Januarie het Nokia reeds ongeveer 3 500 werknemers afgelê. Dit sluit 1 000 vrywillige oortolligheidspakkette in.

JSE en wêreldmarkte vertoon beter

Die JSE het Dinsdagoggend stewiger vertoon nadat aandele in die VSA en Asië oornag hoër verhandel het danksy positiewe sentiment en tekens van ’n gesonder finansiële stelsel.

Teen 9:20 was die JSE se indeks van alle aandele 1,53% hoër, hulpbronne het met 1,71% gestyg, en platinum met 1,77%. Goudmynmaatskappye het egter met 1,03% gedaal. Banke was met 2,79% op, finansiële aandele het met 2% verstewig, en nywerheidsaandele met 1,08%.

Die rand het op R8,47 teen die dollar verhandel teenoor R8,64 met sluitingstyd Maandag. Platinum het teen $1 131,50 per ons verhandel en teen 9:10 was ’n vat Brent-ruolie $59,52 werd.

Tiger Brands moet vasbyt

Tiger Brands gaan waarskynlik moeilike tye beleef vir die res van die jaar, veroorsaak deur voortdurende druk op verbruikers, het die maatskappy Dinsdag gesê.

Die hoof-uitvoerende beampte het die maatskappy se resultate bekend gemaak vir die tydperk wat 31 Maart 2009 geëindig het, en hierdie tydperk is gekenmerk deur toenames in basiese pryse, hoë rentekoerse en ‘n verswakte rand wisselkoers.

Verbruikers het glo hul verkoopspatrone verander en dit het die maatskappy se inkomste negatief geraak.

Olieprys styg ietwat

Die olieprys het Vrydag opgegaan en vas gaan staan op $56.37, het Opul Maandag bekend gemaak.

Nadat die prys effens geval het laas week, het dit Vrydag weer ietwat gestyg. Opul se 12 ledelande produseer meer as ‘n derde van die wêreld se ru-olie.

Independent-groep skep asem

Die Ierse Independent News & Media-groep het die nodige ondersteuning gekry van banke en verbandhouers om ‘n ses wekelange skuldstilstand te bewerkstellig.

Die mediagroep het ‘n addisionele R174.m werkkapitaalfasiliteit van sy banke gekry wat sal hou vir die tydperk van die stilstand.

Die groep het heelwat inkomse verkry deur die verkoop van bates.

Wesbank hoop op verbetering

Wesbank, die motorfinansieringsbank, meen dat die nuwe motormark sy laagtepunt bereik het.

Chris de Kock, die hoof-uitvoerende beampte van verkope en bemarking, het benadruk dat dit moeilik was om voorspellings te maak in die mark, en bygevoeg dat die nuwe verkope syfers in Maart en April “baie van ons verras het”.

Nuwe motorverkope het in April met 43% geval en 30% geval in Maart in vergelyking met dieselfde tyd laas jaar.

Vodacom reik uit

Vodacom se hoof-uitvoerende beampte, Pieter Uys, het ‘n hand van vrede uitgereik na Cosatu nadat die vakbond probeer het om te keer dat die selfoonmaatskappy gelys word op die JSE.

Uys het gesê hy wil graag samesprekings met Cosatu hê sodat hy die vakbond kan verseker dat daar nie werksverliese sal wees nie.

Hy wil Cosatu ook verseker van die vele voordele wat die skuif inhou vir die land asook die maatskappy.

Monday, 18 May 2009

PMI: Behoud van poste belangrik

Die produksie bestuursinstituut van Suidelike Afrika, PMI, sê tydelike aanstellings kan ‘n positiewe rol speel in die behoud van werkgeleenthede en behoort as ‘n alternatief tot personeelvermindering gesien word.

Die hoof van PMI, Tim Smeeton, sê daar is beslis innoverende alternatiewe tot besnoeiing en dit kan help om die gevolge vir die individu en die maatskappy teen te werk. Flexityd en minder werk wat tussen baie werknemers versprei word kan ook ‘n rol speel.

Sasol maak voorlegging

Sasol het aangekondig dat hulle Woensdag ‘n voorlegging aan die mededingingstribunaal gaan maak rakende ‘n kartel in kunsmis.

Die tribunaal sal ‘n aansoek hoor om te bevestig dat die mededingingskommissie en Sasol tot ‘n ooreenkoms gekom het. Ander wat voorleggings gaan maak sluit in die SA Chemiese Werkersunie, die Transvaal landbou-unie en die nasionale verbruikersforum.

Vodacom aandele in groot aanvraag

Vodacom het met ‘n vaart op die Johannesburgse Effektebeurs weggespring en in ‘n kort tydjie is meer as R100 miljoen se aandele verhandel. Vodacom se hoof-uitvoerende amptenaar, Pieter Uys, sê dié gebeurtenis is net ‘n wen-wen geleentheid vir Vodacom, Telkom en die land.

‘n Makelaar het gesê Vodacom aandele verhandel hoër as wat aanvanklik gemeen is en is in die omgewing van R62, terwyl hy gedink het dit sal sowat R55 tot R60 wees.

Netcare maak groot wins

Netcare het aangekondig dat hulle ‘n wins in ‘n moeilike sakeklimaat gemaak het en dat inkomste 12% hoër was en op R11,619 miljoen staan.

Die private hospitaalgroep sê die wêreldwye ekonomiese probleme beïnvloed nog al die tyd die sakeklimaat en die groep se bedryfsomgewing bly ‘n moeilike kwessie, veral in die Verenigde Koninkryk.

Cosatu appelleer dalk

Die uitvoerende bestuur van Cosatu gaan op 1 en 2 Junie vergader om al die besonderhede van die Pretoriase hooggeregshof se beslissing te bespreek wat in die guns van Vodacom beslis het en die maatskappy in staat stel om op die JSE gelys te word.

Cosatu woordvoerder Patrick Craven sê die unie oorweeg dit om teen die beslissing te appelleer en kan selfs na die Grondwethof toe gaan. ‘n Ander moontlikheid is ‘n boikot van al Vodacom se produkte en dienste.

Boubedryf kry swaar

Vervaardigers en voorsieners van boumateriaal in die konstruksiebedryf is onder druk weens die ineenstorting van die residensiële huismark.

Buildmax se hoof-uitvoerende beampte, Paul de Klerk, het gesê sy Bricks & Blocks besigheid in die Wes-Kaap loop die meeste deur.

AltX-gelyste Brikor het ‘n donker prentjie geskilder van die bedryf laas jaar en gesê die baksteenbedryf ervaar sy ergste marktoestande in omtrent 15 jaar.

Volkswagen stap uit onderhandelings

Onderhandelings oor ‘n samesmelting tussen Europa se grootste motorvervaardiger, Volkswagen, en die sportmotorvervaardiger Porsche, is Sondag opgeskort nadat daar onenigheid tussen die partye was.

‘n Volkswagen woordvoerder het gesê daar is geen “konstruktiewe houding” te bespeur by Porsche nie en dat verdere onderhandelings geen punt het nie.

Maar Porsche het dit gesê onderhandelinge gaan voort.

Varkgriep kan ekonomie tref

Die wêreldwye verspreiding van varkgriep kan die wêreldekonomie tref, het ‘n senior beampte by die Internasionale Monetêre Fonds Maandag gesê en gewaarsku dat die ekonomiese krisis ver van verby is.

John Lipsky, die eerste adjunk-besturende hoof van die IMF het gesê dit was moeilik om die gevare van die nuwe soort griep te voorspel aangesien dit onbekend was en dit onseker was hoe dit versprei en hoe dodelik dit was.

“Hopelik sal die impak klein wees. Maar na die uitbreek van voëlgriep ‘n paar jaar gelede, is baie uitgebreide gebeurlikheidsplanne in plek gesit in verband met, byvoorbeeld, die finansiële sektor,” meen Lipsky.

Nuwe uraanaanleg aangekondig

AngloGold Ashanti ontwikkel ‘n projek wat aanleiding sal gee tot ‘n nuwe uraanaanleg wat gebou sal word by sy Kopanang myn in Noord-Wes.

Dit sal Suid-Afrika se uraanvervaardiging ‘n hupstoot van sowat 60% gee tot op 2.2 miljoen pond 'n jaar.

Die aanleg sal ongeveer R2 miljard kos en ‘n woordvoerder het gesê dat al die uraan na alle waarskynlikheid uitgevoer sou word.

Goeie nuus vir Vodacom

Die Pretoriase hooggeregshof het Sondag in die guns van Vodacom beslis dat die aansoek deur Cosatu en Icasa verwerp word, wat die maatskappy in staat stel om gelys te word op die JSE.

Cosatu-woordvoerder Patrick Craven het gesê Regter John Murphey het beslis dat Vodacom, Vodafone, Telkom en die regering mag voortgaan met hul ooreenkoms.

Craven het egter gesê dat Cosatu sal voortgaan om die ooreenkoms teë te staan aangesien die vakbond voel hul planne is slegte nuus vir al die mense in Suid-Afrika en net ten gunste van dié wat geld het.

Saturday, 16 May 2009

Fasset bied leierskapkursus aan

‘n Belangrike element van leierskap is die vermoë van ‘n werkgewer om die werknemers onder hande te neem en ordentlike opleiding te gee, ten einde te sorg dat die besigheid so doeltreffend moontlik funksioneer.

Die werkgewer moet bereid wees om geduldig met nuwelinge te sit en hulle te help om hulle vermoëns te ontwikkel. Dit gebeur egter dikwels dat nuwelinge wat oor geen ondervinding beskik nie, eerder ‘n las word ‘n bate word.

Fasset, ‘n instansie wat omsien na die opleiding en onderrig van werknemers in die finansiële sektor, bied nou leierskapkursusse aan wat die nodige werksondervinding simuleer, asook basiese opleiding wat die nuweling meer effektief in die werkplek sal laat funksioneer.

YouTube video lei tot rassisme-klag

‘n Man van Australië is daarvan aangekla dat hy rassehaat aanwakker, nadat hy na bewering ‘n anti-Semitiese video op die YouTube webtuise geplaas het.

Die 38-jarige man het rassistiese aanmerking, gemik op die Joodse gemeenskap, in die 10 minute video insetsel gemaak.

Dit is verfilm in Perth. YouTube is gevra om die video te verwyder.

Kuberkrakers val weer Facebook aan

Facebook het Vrydag vals webwerwe wat deur kuberkrakers geskep is en presies lyk soos die gewilde sosiale netwerk se tuisblad, geblok.

“Ons is bewus van die aanval en is tans besig om hierdie vals webwerwe te blok,” het die Palo Alto maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Ons is ook besig om ligsinnige boodskappe en muurplasings te verwyder, en die wagwoorde van diegene wat geaffekteer is, sal vervang word.”

Facebook het nie gesê hoeveel van die 200 miljoen gebruikers van die sosiale netwerk is deur die jongste kuberkraker insident geaffekteer nie.

HP-batterye onttrek weens brandgevaar

Die Amerikaanse kommissie vir die veiligheid van verbruikersprodukte het aangekondig dat Hewlett-Packard (HP) sowat 70 000 batterye vir skootrekenaars van die mark gaan onttrek, weens ‘n brandgevaar wat dit inhou.

Die kommissie het gesê hulle het twee klagtes ontvang van batterye wat aan die brand geslaan het weens oorverhitting. Geringe skade aan eiendom is in die proses aangerig, maar niemand is beseer nie.

Moenie ons blameer, sê Telkom

Tim Lowry, die bestuurende direkteur van MTN SA, sê Telkom het ernstige tekortkominge wat kapasiteit en netwerkdoeltreffendheid betref. Hy blameer Telkom vir die probleme wat selfoondiensverskaffers belemmer om beter dienste aan hul kliënte te lewer.

Telkom is egter van mening dat hierdie uitsprake slegs ‘n poging van MTN is om hul eie tekortkominge en onvermoë om goeie diens te lewer, te verskans.

n Verklaring van Telkom oor die aangeleentheid lui soos volg: “Dit is ironies en onaanvaarbaar dat die selfoon operateurs telkens probleme met betrekking tot hul eie netwerktoeganklikheid en betroubaarheid op Telkom blameer.”

Toeroperateurs kreatief vir 2010

Sokkertoeriste wat na Suid-Afrika kom vir die 2010 Wêreldbeker kan straks ’n toer onderneem na die geboorteplek van Jacob Zuma.

Toeroperateurs word toenemend kreatief soos die Wêreldbeker naderkom en volgens Michael Tatalias van die SA Toerismediens-assosiasie kan talle meer opsies die mark tref.

Bunny Bhoola van African Link, wat die “JZ” toer aanbied, sê só ’n toer sal jou R2 000 uit die sak jaag.

Behuisingsprojek bedreig boere

Meer as 300 boere staar uitsetting in die gesig ná die Wes-Kaapse Behuisingsdepartement planne aangekondig het dat hulle die grond vir ’n behuisingsontwikkeling wil gebruik.

Die grond tussen Khayelitsha en Eersterivier in Faure word deur die provinsiale regering besit, maar sommige van die boere woon reeds meer as tien jaar daar.

Die Behuisingsdepartement het ’n interdikaansoek in die Kaapse Hooggeregshof gewen wat die boere dwing om akwiteite op die grond te staak. Die boere het vertoë gerig aan Helen Zille om in te gryp.

AngloGold Ashanti-syfers bekend

AngloGold Ashanti se wins het gestyg tot R1 miljoen ná ’n R11.9 miljoen verlies vir vorige kwartaal, ondanks ’n 22% afname in omset, van R8.8 miljard na R6.8 miljard in die Desember-kwartaal.

Die maatskappy het aangepaste wesensverdienste van 414 sent per aandeel vir die drie maande tot einde Maart aangekondig, in vergelyking met ’n wesensverlies van 50 sent in die vorige kwartaal en aangepaste wesensverdienste van 288 sent vir dieselfde kwartaal verlede jaar.

Goudproduksie is teen 1.1 miljoen onse 13% laer as die Desemberkwartaal se 1.3 miljoen onse en 7.8 persent laer as die 1.2 miljoen onse van dieselfde kwartaal verlede jaar.

Droogte vir SAB

Suid-Afrikaners drink minder SAB-bier, maar die brouer beplan om dit te verander.

Bierdrinkers het in die jaar tot Maart 25.9 miljoen hektoliter bier afgesluk, sowat 2% minder as die vorige jaar. SAB het ’n 8% afname in verdienste aangekondig en beplan om R300 miljoen in die mark te pomp om volumes te verhoog.

Daar is ook planne om nuwe lewe in sy premium handelsmerkportfolio te blaas, wat markaandeel aan Amstel en Windhoek afstaan.

JSE sluit hoër

Die JSE het hoër gesluit te midde van positiewe wêreldwye sentiment. Die aandele-indeks is 1.44% hoër, met hulpbronne wat 1.56% hoër gesluit het. Platinum het met 1.32% gedaal, maar goud het 3% hoër gesluit.

Banke is 1.64% sterker en die rand het gesluit op R8.61 teen die dollar, teenoor die vorige dag se R8.57.

Friday, 15 May 2009

Rupert besorg oor effekte van resessie

Die Suid-Afrikaanse miljardêr, Johann Rupert, het Donderdag gewaarsku dat die huidige finansiële krisis tot inflasie en sosiale onrus kan lei, indien mense besef dat hulle te arm is om af te tree.

Pensioenfonds bestuurders kan ook moontlik tronk toe gestuur word vir hul onbekwaamheid.

“Indien hierdie resessie voortduur, sal my generasie moet werk tot op die ouderdom van 75,” het Rupert tydens Richemont se jaarvergadering gesê.

Solidariteit: "Neksa nie tegemoetkomend"

Solidariteit het Vrydag aangekondig dat die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Neksa) se “ontegemoetkomende” benadering tot lone onderhandelinge, hulle noop om ‘n dispuut te verklaar.

Dit kom nadat onderhandelinge met Neksa verlede week nie geslaagd was nie.

Na aanleiding hiervan het Solidariteit en die Pelindaba Werkersunie ‘n dispuut verklaar.

Die onderhandelinge het vroeg geëindig nadat Neksa nie Solidariteit se aandrang op 13% verhoging van lone wou aanvaar nie.

Obama ongewild by sakemanne

Die verhouding tussen President Barack Obama en die VSA se korporatiewe leiers het gedurende die afgelope weke aansienlik versleg, nadat Obama hom uitgespreek het oor groot maatskappye se misbruik van lenings en die werkswyse van multi-nasionale maatskappye.

Sakemanne en handelsgroepe sê hulle voel minder welkom sedert Obama in Januarie aan bewing gekom het. Hulle is bekommerd oor sy populistiese uitsprake en harde kritiek teen sekere sektore, onder andere groot maatskappye wat hul winste oorsee hou ten einde belasting in die VSA te verminder.

Eskom wil tariewe verhoog

Eskom het aansoek gedoen vir ‘n 34 persent “interim” tariefverhoging.

Die verhoging sal geld vir die huidige finansiële jaar. Eskom sal later die jaar weer aansoek doen vir nog ‘n prysverhoging, het Eskom se woordvoerder, Fani Zulu, Vrydag aangekondig.

Die Nasionale Energie Reguleerder van SA (Nersa) het aangekondig dat die aansoek op 5 Mei ontvang is.

Ekonomie aan't verbeter, maar leef sorgsaam, waarsku ekonome

Suid-Afrika is stadig maar seker besig om ‘n gunstiger ekonomiese tydperk binne te gaan, maar dit sal nog ‘n wyle wees voor die mense van die land rustig agteroor kan sit.

Volgens Tony Twine, senior ekonoom en direkteur van Econometrix, en Dawie Roodt, ‘n ekonoom by Efficient Group, gaan die ressesie vir sowat ses maande voortduur, waarna dit sal beter gaan.

Roodt waarsku egter: “Dit sal ‘n ruk neem voordat die laer rentekoerse werklik ‘n impak het. Dit sal in die algemeen beter gaan, maar ons moet dit alles in konteks sien. Ons sukkel nou, juis omdat ons in die verlede nie sorgsaam geleef het nie. Ons sal voortaan moet waak hierteen.”

Dollar bly sterk

Die dollar het sterk vertoon teen ander geldeenhede Vrydag in Oosterse handel soos swakker Amerikaanse ekonomiese inligting optimisme in ander sektore teëgewerk het.

Sommige handelaars het verwag dat die dollar sou verswak soos finansiële sorge verminder, terwyl ander gemeen het die vooruitsig van ekonomiese herstel sou die dollar ondersteun.

Nuwe aansoeke vir werkloosheidsvoordele het toegeneem in die VSA hierdie week. Dit kom kort nadat die VSA swak verkoopsstatistieke bekend gemaak het.

Telkom slaan terug

Telkom het bewerings ontken wat gemaak is deur Tim Lowry, die besturende direkteur van MTN SA, waar hy na bewering die maatskappy blameer vir sy eie netwerk se probleme.

Dit is volgens Telkom, “’n poging om aandag af te trek van MTN se eie onvermoë om ‘n goeie diens aan sy verbruikers te verskaf.”

In ‘n verklaring het Telkom gesê, “Dit is ironies en onaanvaarbaar dat elke keer as die selfoonmaatskappye moet verantwoording doen vir hul netwerk en kapasiteitstekortkominge, blameer hulle sommer net so vir Telkom”.

SA drink minder bier

Suid-Afrikaners drink minder bier gedurende moeilike ekonomiese tye, het SAB gevind, maar die brouery maak nou planne om dit te verander.

In 2009 tot en met Maart, het bierdrinkers 2% minder bier gedrink as laas jaar dieselfde tyd. Nou wil die brouery van sy biere beter bemark.

SAB, wat Castle, Hansa en Black Label maak, het 50% van sy markaandeel verloor aan Amstel. SAB het ‘n jaar gelede die kontrak verloor om Amstel te verkoop.

Minder geld vir Bell bestuur

Bestuur by Bell Equipment het ingestem tot salarisbesnoeiings van tot 25% om te keer dat meer poste gesny word by die maatskapppy, wat in ‘n krisis gedompel is weens ‘n daling in grondstofpryse wat nuwe mynontwikkelinge keer.

Mynmaatskappye is van Bell se grootste kliënte.

Die maatskappy het reeds 25 mense in Europa en 800 kontrakwerkers in Suid-Afrika en oorsee afgelê.

Goeie nuus oor inflasie

Inflasie sal verbeter soos Suid-Afrika se ekonomiese groei stadiger word, het die Reserwebank Woensdag gesê.

Die Reserwebank het in ‘n monetêre beleidshersieningsverslag gesê die internasionale en nasionale ekonomiese inkrimping het ‘n aansienlike gematigingseffek op inflasie.

Die Reserwebank het egter gewaarsku dat elektrisiteitsverhogings en groot salarisooreenkomste inflasie kan opstoot.

Thursday, 14 May 2009

Astral Foods verhoog inkomste

Die hoof uitvoerende amptenaar van Astral Foods, Chris Schutte, sê ten spyte van moeilike handelstoestande in die eerste helfte tot Maart, het die maatskappy tussentydse inkomste verhoog en hulle verwag om goed te doen in die tweede helfte van hul finansiële jaar.

Dit het daartoe gelei dat ‘n tussentydse dividend van R2.60 ‘n aandeel behaal is, hoewel inkomste per aandeel 39% tot R4.17 gedaal het.

Vervalsings verhoog dramaties

‘n Verslag wat Unisase buro vir marknavorsing in 2006 vir die departement van handel en nywerheid gedoen het, sê die waarde van vervalste goedere wat by Suid-Afrikaanse hawens gekonfiskeer is, het amper R541 miljoen beloop.

Nuwe syfers toon dat Suid-Afrika deesdae sowat R2 miljard in vervalste goedere verloor. ‘n Woordvoerder, Mandla Mnyatheli, sê van die produkte wat vervals word sluit in klere, handsakke, musiek, flieks, medisyne en motoronderdele.

Verskeie top restaurants maak deure toe

Industrieleiers sê die sluiting van verskeie top Kaapstadse restaurante kan net die begin van ‘n lang, koue winter onderstreep.

Party plaas die blaam op buitensporige pryse en hoë voedselpryse, maar almal stem saam dis tekenend van moeilike ekonomiese tye. Van die restaurante wat onlangs hul deure gesluit het, is The Showroom in Groenpunt, die Riboville en Summerville in Kampsbaai en takke van Melissa’s en die Cape Town Fish Market.

Parsons vra vir voorspelbaarheid

Business Unity SA (Busa) het vir voorspelbaarheid en sekerheid in die sakesektor gevra ná die inswering van die nuwe kabinet. Busa woordvoerder Raymond Parsons sê: “Ons het nie ‘n skommeling in die kabinet gehad nie – nuwe departemente is op die been gebring.

“Die sakesektor moet weet wie wat doen – mense moet weet wie om te nader”, het Parsons gesê, maar dink dat President Jacob Zuma binnekort die hele aangeleentheid sal verduidelik.

Rand bly onder druk

‘n Analis by RMB, John Cairns, sê die rand bly onder druk ná data van die VSA bekend gemaak is oor die wêreldwye resessie. Volgens dié inligting is die wêreldekonomie moontlik nou oor die ergste, maar daar is nog steeds vrae oor wanneer en hoe sterk die ekonomie gaan herstel.

Die rand het Donderdag swakker teenoor al die groot geldeenhede verhandel. Die rand was R8.5621 teenoor die dollar en R12.0673 teenoor die pond.

Nagemaakte goedere kos triljoene

Die handel in nagemaakte goedere, insluitende die diefstal van intellektuele eiendomsregte, kos Suid-Afrikaners meer as R2 miljard jaarliks in verlore inkomste.

Mandla Mnyatheli van die departement van handel en nywerheid het by ‘n kongres by die Westin Grand Hotel gepraat.

Hy het gesê die wêreldwye impak van nagemaakte goedere was ongeveer R3.4 triljoen in 2005 – ongeveer 10% van wêreldhandel.

Hy het gesê nagemaakte goedere word maklik aanvaar onder verbruikers, veral in ontwikkelende lande, waar 25% van 50 000 mense in 51 lande erken het dat hulle nagemaakte produkte gekoop het.

CRG-Puno geskil duur voort

Die twis tussen Central Rand Gold (CRG) en sy bemagtigingsvennoot, Puno Gold, is nog nie verby nie, hoewel Puno Woensdag gesê het dat hy ‘n gedeeltelike skikking bereik het.

Die geskil kom nadat CRG aangedring het dat Puno ‘n R72m bydrae maak tot CRG Suid-Afrika vir die ontwikkeling van sy projekte.

Wayne Epstein, ‘n CRG direkteur, het gesê geen skikking is bereik met Puno nie. Die geskil dreig om ‘n multimiljoenrandse projek om ou goudmyne in Johannesburg te ontgin, verder te vertraag.

Diamant haal R80m

‘n Foutlose helderblou diamant van die Cullinanmyn in Suid-Afrika en wat 7.03 karaat weeg, is verkoop vir ‘n rekordbedrag van R80m, het Sotheby’s Dinsdag gesê.

Die diamant is gekoop deur ‘n onbekende koper wat oor die telefoon gebie het.

Dit is op die mark gesit deur Petra Diamante, wat dit laas jaar gevind het. Blou stene is die raarste in die diamantfamilie, na rooies.

Ekonomie affekteer verhoudings

Ongeveer 33% van Suid-Afrikaners het in ‘n meningspeiling gesê dat die resessie hul persoonlike verhoudings raak.

Die meningspeiling het ook bevind dat net minder as die helfte, 45%, gesê het dat hulle finansiële druk ervaar en meer tyd tuis deurbring.

Amper 60% van respondente het gesê hulle is minder geneë om onbeplande items te koop.

Suid-Afrikaners is meer versigting

Meer as driekwart van alle Suid-Afrikaners sê hulle is meer versigtig as dit kom by geld uitgee weens die wêreldwye ekonomiese krisis.

‘n Meningspeiling wat Woensdag bekend gemaak is, sê ook dat ongeveer die helfte van Suid-Afrikaners bang is om hul werk te verloor.

UCT Unilever se Instituutdirekteur, professor John Simpson het gesê dat die meerderheid Suid-Afrikaners meer sukkel, maar dat baie onaangeraak is deur die krisis maar nog steeds minder geld uitgee omdat hulle versigtig is.

Wednesday, 13 May 2009

Toestande daal tot laagste vlak

‘n Ondersoek wat deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid geloods is, dui daarop dat handelstoestande in April tot hul laagste vlak ooit gedaal het.

Die handelsaktiwiteitsindeks, wat huidige handelstoestande meet, het van 38 in Maart tot 32 in April gedaal. Boonop het April dié jaar drie minder werksdae gehad as dieselfde tyd verlede jaar en dit het ook ‘n verskil gemaak.

Voertuig indeks daal weer

Wesbank sê die nuwe voertuig mark vertroue indeks het in die tweede kwartaal van 2009nog verder gedaal. Dit staan nou op 4.2, bykans 18% laer in vergelyking met dié tydperk verlede jaar.

Die bank sê die lae syfer is ongetwyfeld beïnvloed deur seisoenale faktore, omdat April tradisioneel ‘n maand is waarin daar nie baie in die motornywerheid gebeur nie. Daar word verwag dat marksentiment sal verander en dat die mark nou sy laagtepunt bereik het.

Yslike kragverhoging moontlik

Belastingbetalers in Kaapstad moet gereed maak vir die moontlikheid om tot 40.5% meer vir elektrisiteit voor die einde van die jaar te betaal. Dit is bykans 7% meer as die verhoging wat die stadsraad voorstel wat op 1 Julie ingestel moet word.

Die stadsraad het ‘n 33.3% verhoging vir die 2009/10 finansiële jaar voorgestel, maar baie faktore in Eskom se aansoek vir ‘n verhoging kan ander moontlikhede tot gevolg hê.

‘Besluit is onaanvaarbaar’

Die hoof uitvoerende amptenaar van die Kamer van Koophandel van die Kaapse streek, Albert Schuitmaker, sê die besluit van die stad Kaapstad om kommersiële eiendomsbelasting met 15.8% te verhoog – bykans dubbel soveel as belasting vir wonings – is onaanvaarbaar.

Schuitmaker sê die verhoging kom op ‘n tyd waar baie besighede swaarkry en sukkel om te oorleef en personeel te behou. “As die verhoging ingestel word, sal baie besighede moontlik personeel afdank.” Hy sê besighede was grootliks daarvoor verantwoordelik dat die sentrale besigheidsdistrik herlewe het.

Bankkliënte kry swaar

Die hoof van Standard Bank se plaaslike besigheidsektor, Sim Tshabalala, sê die bank verwag dat slegte skuld die hele jaar gaan voortduur, maar dat sake van volgende jaar af sal stabiliseer. Hy sê slegte skuld word al hoe meer, volume is laag en mense leen minder geld, wat beteken dat transaksies ook verminder.

“Daar is egter ‘n verhoging in vervalsings. Verskeie van ons kliënte in ‘n verskeidenheid industrieë trek noustrop”, sê Tshabalala.

Metrobus-staking duur voort

Na sewe vergaderings, twee weke van stakings en geen werk nie, is daar steeds geen ooreenkoms tussen Metrobus en sy stakende werkers nie.

Onderhandelinge het Dinsdagaand weer misluk.

Metrobus se woordvoerder, Kenneth Kutu, het Woensdagoggend gesê dat die maatskappy Dinsdag met nog ‘n voorstel na Samwu gekom het maar dat die vakbond weer die aanbod verwerp het.

“Dinge lyk nie goed nie,” het Kutu gesê.

Toyota sny motorvervaardiging

Toyota het Woensdag gesê die maatskappy sal voertuigvervaardiging met 28% sny vanjaar, na sy laagste vlak in sewe jaar.

Die wêreld se grootste motorvervaardiger sukkel om die mas op te kom weens ‘n vermindering in verkope dwarsoor die wêreld.

Toyota gaan mik vir 6.68 miljoen voertuie in 2009, wat heelwat minder is as die 9.4 miljoen wat hy in 2008 gemaak het.

Aspen stel nuwe aandele vry

Aspen Pharmacare het Dinsdag sy sesjaar verhouding met GlaxoSmithKline (GSK) verstewig deur nuwe aandele, ter waarde van R3.4 biljoen, uit te vaardig in ruil vir verspreidingsregte, agt middels en ‘n vervaardigingsfasiliteit in Duitsland.

Met die aandele, die ekwivalent van ‘n 16% aandeel, het Aspen die regte gekoop om GSK produkte in Suid-Afrika vir ‘n minimum van 20 jaar te versprei, deur hul maatskappy Pharmacare Limited.

Hierdie produkte het ongeveer R577m vir die groep beteken laas jaar.

Mboweni se toekoms onseker

Die toekoms van die Reserwebankhoof, Tito Mboweni, is onseker en daar word verwag – en gehoop – dat hy weer aangestel sal word. Sy termyn verstryk in Augustus.

Goewerneurs word aangestel deur die president vir vyf jaar.

Sedert the ANC leierskap verander het in Desember 2007, is Mboweni se toekoms onseker, veral omdat vakbonde soos Cosatu, wat President Zuma sterk ondersteun het, nie Mboweni se monetêre planne steun nie.

Mikki Xayiya volg Sexwale op

Mikki Xayiya is aangestel as die uitvoerende voorsitter van die Mvelaphanda Groep met onmiddelike effek, het die maatskappy Dinsdag gesê.

Dit volg op die bedanking van Tokyo Sexwale as uitvoerende voorsitter en lid van die Mvela Groep raad met effek vanaf 11 Mei.

President Jacob Zuma het Sexwale Sondag aangestel as die minister van menslike nedersettings. Xayiya was voorheen die adjunk-uitvoerende voorsitter van Mvela.

Tuesday, 12 May 2009

Laat ons praat, sê Gordhan

Die nuwe minsiter van finansies, Pravin Gordhan, sê die regering is bereid om ’n debat te voer oor ekonomiese beleid soos inflasieteikens.

"Sommige rolspelers in Suid-Afrika, soos Cosatu, het dié vraag gevra,” het Gordhan Dinsdag in ’n onderhoud op SAFM gesê.

Hy sê sy benadering stem ooreen met die gees wat president Jacob Zuma wil skep – “Ons wil praat, ons wil debatteer, ons wil bespreek en alle rolspelers moet betrokke wees,” het hy gesê.

Staalwerkers woedend oor afleggings

Sowat 2 000 staalwerkers uit België en Frankryk het Maandag ArcelorMittal se hoofkantoor in Luxembourg met rookbomme bestook en die voordeur probeer afbreek uit protes teen tydelike afleggings weens die ekonomiese insinking.

ArcelorMittal, die wêreld se grootste staalvervaardigher, het produksie wêreldwyd met die helfte ingekort.

ArcelorMittal se uitvoerende hoof, Lakshmi Mittal, het aan aandeelhouers gesê klante is besig om hul voorraad op die gebruik en dit maak nie sin om te produseer wat die maatskappy nie kan verkoop nie.

Flinke Protech pluk die vrugte

Protech Khuthele Holdings se vermoë om vinnig op die winsgewendste markte te reageer het dié genoteerde siviele ingenieursgroep ’n besondere sterk finansiële vertoning in die jaar tot Februarie besorg.

Protech fokus op grootskaalse grondverskuiwingskontrakte en voltooi altyd hulle kontrakte voor die spertyd, sê uitvoerende hoof Geral Chapman.

Die groep het Maandag ’n 55% groei in wesensverdienste per aandeel aangekondig, tot 26c. Inkomste het met 91% gestyg tot R702,7 miljoen en bedryfswins met 61% tot R156 miljoen.

Cipla gereed met generiese varkgriepmiddel

Arm lande het net genoeg Tamiflu om ’n klein gedeelte van hul bevolkings te behandel indien varkgriep sou toeneem. Deskundiges stel nou ’n eenvoudige maar omstrede oplossing voor: die grootskaalse produksie van generiese medisyne.

Tamiflu, wat deur die Switserse maatskappy Roche vervaardig word, word deur patentereg beskerm, maar arm lande mag dit omseil as daar ’n gesondheidskrisis dreig.

Cipla, die reuse Indiese farmaseutiese maatskappy, sê hulle sal $12 (R100) vra vir ’n kursus generiese Tamiflu. Een kursus van Roche se Tamiflu kan tot $100 (R847) kos.

Glaxo kry aandeel in Aspen

Die internasionale farmaseutiese reus, GlaxoSmithKline (GSK), gaan ’n 16% aandeel in Aspen Pharmacare, Afrika se grootste vervaardiger van generiese medisyne, bekom.

Aspen het Dinsdag in ’n verklaring gesê 68,5 miljoen gewone aandele gaan aan GSK uitgereik word. Die waarde van die transaksie beloop sowat R3,47 miljard.

Volgens die ooreenkoms sal Aspen die regte verkry om vir ’n minimum van 20 jaar GSK se produkte in Suid-Afrika te verkoop, te bemark en te versprei.

Manuel voorsien geen probleme

Die minister verantwoordelik vir die nuwe Nasionale Beplanningskommissie, Trevor Manuel, het Maandag ontken dat die nuwe rangskikking van ekonomiese departemente in ‘n nagmerrie kan ontaard.

Hy het gesê dat President Zuma dit duidelik gemaak het dat hy ‘n regering van samewerking wou hê en dat hy die finale sê sou hê in enige konflik.

Manuel het gesê mense was onbewus daarvan dat daar groot ko-ordineringsprogramme in die regering was wat konflik sou keer.

“Soms sien mense probleme waar daar niks is nie,” het Manuel gesê.

PPC vol vertroue, maar...

Pretoria Portland Cement (PPC) se eerste helfte winste het met ongeveer 85% geval, het die sementmaker Dinsdag gesê.

Die maatskappy se netto wins het geval na R103m vanaf R674m die vorige jaar, het PPC gesê.

Maar in ‘n verklaring het die maatskappy gesê hy is vol vertroue dat die situasie hierdie jaar sou verbeter. Daar was reeds positiewe tekens in die mark en dit sou beter resultate in 2009 en 2010 beteken.

Sexwale bedank uit ou pos

Die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale, sal bedank as die uitvoerende voorsitter van die Mvelaphanda Groep nadat hy sy kabinetspos aanvaar het.

Sexwale het Dinsdag gesê hy sal nie meer dien op enige rade nie en sal nou met prokureurs beraadslag.

Hy het verslae ontken wat beweer het dat sy besigheidssake ondersoek word. “Dit verkoop koerante. Daar is geen ondersoek nie. Dit gaan oor die beëindiging van bande met die kantoor waar ek was,” het Sexwale, ‘n voormalige Gautengse premier en een van die land se rykste swart besigheidsmanne, gesê.

Huise sny landlyne af

Een uit elke vyf Amerikaanse huishoudings het opgehou om hul landlyne te gebruik en maak nou net gebruik van selfone, het ‘n studie laat blyk.

Ongeveer 20.2% van alle Amerikaanse huise het glo net koordlose telefone.

Dit was ‘n toename van 2.7% in vergelyking met dieselfde tyd laas jaar. Amper 2% van alle huishoudings het geen telefoon nie.

Kamer van Mynwese is tevrede

Suid-Afrika se Kamer van Mynwese het Maandag gesê dat aanvanklike indrukke omtrent die nuwe kabinet wys dat President Jacob Zuma vasbeslote is om die vele uitdagings wat die land in die gesig staar, aktief aan te spreek.

Die Kamer het gesê hy is tevrede met die aanstelling van Susan Shabangu as die minister van mynwese. Sy het vantevore as adjunk-minister van minerale en energie gedien en was goed vertroud met al die sake en kwessies wat die sektor raak.

In ‘n verklaring het die Kamer gesê dit was ‘n goeie ding dat die voormalige minister, Buyelwa Sonjica, geskuif is na water en omgewingssake.

Monday, 11 May 2009

Markvertroue herstel in Asië

Aandele in Asië het hoër verhandel Maandag nadat nuus van minder werksverliese in Amerika, beleggers meer vertroue gegee het dat die wêreld se grootste ekonomie begin herstel.

Banke in Asië het hul aandele sien styg, maar oliepryse was steeds taamlik laag. Nuwe inligting uit Amerika wys dat werkgewers 539 000 poste gesny het laas maand, die minste in ses maande.

Uraanvervaardiging neem toe

Uranium One, die uraanvervaardiger wat die Dominion Myn in Suid-Afrika bedryf, het Maandag gerapporteer dat daar ‘n 62% toename is in die eerste kwartaal se kommersiële uitsette.

Die algehele vervaardiging gedurende die eerste kwartaal van 2009 was £708 500, ‘n toename van 14% van die algehele vervaardiging van £618 900 vir dieselfde kwartaal laas jaar.

Nuwe fokus op toerisme

Die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika se nuwe toerisme strategie sal voorkeur gee aan toerisme projekte plaaslik en in die ontwikkelingsgemeenskap.

Die toerisme spesialis, Kate Rivett-Carnac, het in ‘n verklaring gesê dat die Ontwikkelingsbank goed geplaas is om te belê in toerisme infrasktruktuur op ‘n tyd waar baie finansiële instellings meer versigtig optree.

Rivett-Carnac het gesê die doel sou wees om toeriste bestemmings te ontwikkel en dat die bank projekte sou oorweeg wat groter as R20 miljoen in Suid Afrika is en meer as $10 miljoen in Suidelike Afrikaanse lande sou beloop.

HSBC is vol vertroue

Die wêreldwye bankgroep, HSBC, het Maandag gesê dat voorbelastingwinste in die eerste kwartaal van 2009 heelwat meer is as wat verlede jaar oor die selfde tyd bekom is.

Die groep sê hy het ‘n sterk en goeie begin gemaak in 2009.

Hoewel HSBC nie ‘n hulppakket van die Britse regering nodig gehad het nie, het die maatskappy onlangs £12.5 miljard ingesamel deur nuwe aandele te verkoop.

Verbruikersskuld neem toe

Verbruikers sukkel om lenings op meubels terug te betaal weens die ekonomiese krisis, het meubelverkoper, JD Group, Maandag gesê met die bekendstelling van sy resultate vir die ses maande wat in Februarie geëindig het.

Verbruikersskuld het met 13% toegeneem in 2008.

Die groep moes uitstaande geld aan die belastingbetaler betaal en herstrukturering het bygedra daartoe dat die maatskappy nie so goed gevaar het soos hy graag sou wou nie.

Rand sterker teenoor geldmarkte

Die rand was sterker teenoor die belangrikste geldmarkte in vroeë verhandelings soos die markte die aankondiging van die nuwe kabinet geabsorbeer het.

Vroegoggend was die rand R8.2609 teenoor die dollar nadat dit op R8.2643 gesluit het. Die rand was R12.5708 teenoor die pond vergeleke by R12.6091. ‘n Kundige, John Cairns, sê daar was geen verrassings in die kabinet nie en Pravin Gordhan, die nuwe minister van finansies, is goed bekend.

Busstaking duur voort

Die staking deur Metro busbestuurders in Johannesburg duur voort en verbruikers is Maandag weer gestrand terwyl die verskillende partye probeer om tot ‘n vergelyk te kom.

‘n Metro woordvoerder, Kenney Kutu, sê die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) het verlede week ‘n aanbod van ‘n bemiddelaar aanvaar, maar besonderhede moet nog uitgewerk word.

McDonalds word universiteit

Die Amerikaanse voedselreus McDonald’s hoop om mettertyd doktorsgrade aan te bied nadat hulle toestemming ontvang het om hul eie kwalifikasies in Brittanje toe te ken.

David Fairhurst sê die maatskappy se nuwe gesag om kwalifikasies toe te ken beteken McDonald’s is nou ‘n “volwaardige universiteit” en hoop om toekennings soortgelyk aan universiteitsgrade toe te ken. Fairhurst het egter beklemtoon dat McDonalds eers sy huidige opleidingsprogram wil hersien.

Manuel in beheer van magtige eenheid

President Jacob Zuma het die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, wat deur Pravin Gordhan vervang is, aangestel as hoof van ‘n magtige nuwe beplanningseenheid en sê Manuel se mag word glad nie ingeperk nie. Zuma het met die bekendmaking van sy nuwe kabinet gesê Manuel is nou in beheer van ‘n “baie magtige struktuur, wat ‘n nasionale plan vir die regering gaan uitwerk omdat hy die ervaring het en regeringstrukture baie goed ken.”

Zuma is ook van mening dat die markte positief op sy aanstellings sal reageer en dat daar nie probleme sal wees nie.

Beleid uiters belangrik vir Zuma

Ekonome sê weens die feit dat Suid-Afrika moontlik op pad is na ‘n resessie, sal ekonomiese beleid van uiterste belang wees vir die nuwe president, Jacob Zuma.

Zuma word as die een mens in townships beskou wat armoede kan beëindig, maar hy kan moontlik nie sy verbintenis gestand doen om werkloosheid teen 2011 te verminder nie. Suid-Afrika het van 2004 tot 2007 jaarliks met sowat 5% gegroei, maar daar word gemeen die ekonomie gaan hierdie jaar met slegs 1% groei.

Saturday, 09 May 2009

Huurders kan baat by resessie

Die huidige ekonomiese toestand behoort dit makliker te maak vir huurders om die eienaar van die perseel te nader en ‘n redelike huurooreenkoms aan te gaan.

Berry Everitt, die CEO van die Chas Everitt Internasionale eiendomsgroep sê eienaars sal veral nou wil vashou aan goeie huurders, en die dalende rentekoerse maak dit vir hulle moontlik om minder te vra vir maandelikse huur.

Brittanje: Privaat voertuig goedkoper as publieke vervoer

Amptelike syfers toon aan dat dit tans in Brittanje goedkoper is om ‘n Ford Fiesta in stand te hou, as 12 jaar gelede.

Die Arbeidersparty se poging om koolstof uitlaatgasse te laat daal, word nou ondermyn deur die feit dat dit die onderhoud van ‘n voertuig nou goedkoper is as publieke vervoer.

Amptelike syfers toon aan dat die onderhoudskoste van ‘n voertuig met 13 persent gedaal het sedert 1997. Bus en trem tariewe het egter met 17 persent toegeneem.

Audi wil brandstofverbruik verminder

Audi gaan nou twee addisionele nuwe tegnologiese toevoegings maak tot hul produk, wat na bewering die brandstof verbruik van die Audi gaan laat daal met 20 persent teen 2012.

Die tegnologieë sal alreeds in 2009 ‘n aanvang neem, en die effektiwiteitsplatform sal dan baat by die ingeboude rekenaar, wat die effektiwiteitsprogram insluit.

Dit sluit ook ‘n ‘start-stop’ sisteem in wat die effektiwiteit en gemak van die Audi modelle sal verbeter.

Maak seker jy koop 'n oorspronklike Windows 7

Microsoft het Donderdag aangekondig dat kuberkriminele alreeds weergawes van die pas vrygestelde Windows 7 onder hande geneem het en op so wyse programeer het dat dit die rekenaars van die aankoper sal infekteer.

Joe Williams, die bestuurder van Worldwide Genuine Windows at Microsoft, het gesê dit is uiters belangrik dat mense hul Windows by ‘n bron koop wat hul kan verseker dat die ‘n oorspronklike Microsoft produk is.

Yahoo! ten gunste van menseregte

Die uitvoerende hoof van Yahoo!, Carol Bartz, het by ‘n beraad vir Internetdiensverskaffers aangevoer dat menseregte belangriker is as besigheid. Die beraad fokus op regerings wat die inhoud wat die verskaffers bied, wil beperk.

Bartz het ook gesê dat besighede nie meer agter die idee kan skuil dat “Ons eerstens ‘n besigheid is, en ons eerste prioriteit is om geld te maak” nie.

Afgevaardigdes van Yahoo!, Google en Microsoft het by die Yahoo! kampus in Sunnyvale, Kalifornië, vergader vir die beraad.

2 000 poste bedreig by Britse staalreus

Teesside Cast Products in Redcar, noordoos England, gaan produksie staak nadat ’n belangrike kontrak gekanselleer is. Dit sal 2 000 poste in gedrang bring.

Vakbondleiers is “woedend” oor die nuus, maar Corus, die eienaar van die aanleg, sê dis “onvermydelik” omdat vier internasionale kopers van staal platblokke ’n 10-jaar-kontrak gekanselleer het.

Corus is sedert 2007 ook die eienaar van die Indiese staalmaatskappy, Tata Steel.

2015 Wêreldbeker bied ekonomiese geleentheid

Suid-Afrika ding tans saam met Engeland, Italië en Japan mee om die reg om die 2015 Rugby Wêreldbeker aan te bied.

Suid-Afrika se tender word deur Jacob Zuma se nuwe regering onderskryf. Die gasheerland moet ’n fooi van £80 miljoen aan die Internasionale Rugbyraad (IRR) betaal en kry die inkomste uit kaartjieverkope.

Die IRR sê ’n gasheerland kan tot £2,1 miljard uit dié byeenkoms verdien. Die Franse organiseerder van die 2007 Wêreldbeker het ’n toernooisurplus van £70 miljoen en ’n wins van £15 miljoen getoon.

Goue handdruk vir Mbete

Die ANC se nasionale voorsitter, Baleka Mbete, het ’n goue handdruk en gewaarborgde inflasiegekoppelde pensioen van R1,8 miljoen per jaar – vir die res van haar lewe – gekies.

Die alternatief vir dié vrou wat die land se adjunkpresident was, was ’n demosie tot ’n gewone minister in Jacob Zuma se kabinet en daarmee saam die verlies van ’n hele rits belastingbyvoordele.

Mbete het gehoop om haar pos te behou. Sy het egter te veel gewaag toe sy geweier het om as LP ingesweer te word tensy die ANC kon waarborg dat sy haar huidige salaris, byvoorbele en voorregte sou behou.

Cosatu wil Vodacom-notering keer

Cosatu het ’n aansoek by die Pretoriase Hooggeregshof ingedien om Vodacom se notering op die JSE te stuit, het die vakbond se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, Vrydag gesê. Die notering vind op 18 Mei plaas.

Op 30 April is die Communication Workers' Union (CWU) se aansoek teen Telkom se transaksie om sy 15% aandeel in Vodacom te verkoop, met kostes uitgegooi omdat CWU nie kon bewys dat dit werknemers sou benadeel nie.

Vodacom wou nie onmiddellik op Cosatu se hofaansoek kommentaar lewer nie.

Ekonomiese beleid uiters belangrik vir Zuma

Die land se ekonomie stuur oënskynlik op ’n resessie af, daarom sal ekonomiese beleid uiters belangrik wees vir Suid-Afrika se nuwe president, Jacob Zuma.

In townships word Zuma alom beskou as die enigste persoon wat armoede kan beëindig, maar in die praktyk is dit onwaarskynlik dat hy voor 2011 werkloosheid beduidend sal kan hokslaan.

Volgens Statistiek Suid-Afrika het die werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van 2009 tot
23,5% gestyg.

Friday, 08 May 2009

Ou Mutual sal nie SA eenheid vrystel

Old Mutual sal nie sy Suid-Afrikaanse eenheid vrystel nie.

Old Mutual-hoof Julian Roberts het uit talle oorde oproepe ontvang dat Old Mutual South Africa (OMSA) vrygestel moet word van die “juk” van die Londen-gelysde entiteit. Hy meen egter OMSA is deel van ‘n groter groep.

Die groep se Suid-Afrikaanse bedrywighede sluit in OMSA, ‘n 55% aandeel in Nedbank en 'n 74% aandeel in Mutual & Federal. Roberts het ná die groep se jaarvergadering ook ontken dat die Suid-Afrikaanse bates deur die hoofkantoor verwaarloos word.

‘Werkgewers nie genoeg aandag aan veiligheid’

Die houding van Suid-Afrikaanse werkgewers teenoor veiligheid en gesondheid is kommerwekkend, het die minister van arbeid, Membathisi Mdladlana, in Bloemfontein gesê.

Volgens Mdladlana het meer as 300 werkers verlede jaar in die werkplek gesterf. Hy het voorgestel die hoofinspekteur van werksgesondheid en –veiligheid moet byvoorbeeld meer sigbaar wees en meer inspeksies doen en dat die Departement van Justisie ‘n rol moet speel.

“Ons moet vervolg, vervolg, vervolg.”

JSE hoër danksy hulpbronne

Die Johannesburgse aandelebeurs het hoër geopen danksy hulpbronvoorrade en stewige oorsese markte.

Die rand het teen R8.37 teen die dollar verhandel, teenoor die R8.42 teen sluitingstyd die vorige dag. Goud het verhandel teen $914.65 per ons teenoor die $911.65 die vorige dag en platinum teen $1 156 per ons, onveranderd teenoor die vorige dag.

‘n Handelaar het gesê die banke doen ook goed ná die vorige dae se strestoetse in Amerika.

Duur voedsel steeds in die vooruitsig

Kospryse sal waarskynlik nie gou daal nie, aldus Absa AgriBusiness.

Hoewel dit slegte nuus is vir verbruikers, is dit goeie nuus vir voedselprodusente. Landbou maak sowat 1.5% van die BBP uit, aldus Ernst Janovsky van Absa AgriBusiness. Hy voer aan dat die vraag vir voedsel hoog sal bly en dat die pryse gestu sal word deur wêreldregerings se spandering, ondanks die wêreldwye ekonomiese afswaai en verlaging in brandstofpryse.

Letseng Legacy verkoop

Die 493-karaat diamant wat verlde jaar in Lesotho gemyn is, gaan by die World Diamond Centre in Antwerpen te koop koop aangebied word.

Die diamant genaamd Letseng Legacy is gemyn by die Gem Diamonds Letseng le Terai myn en is bestempel as die wêreld se 18de grootste ruwe diamant. Dié myn het nou drie van die wêreld se top-twintig diamante opgelewer en het twee kimberliete met ‘n diamantwaarde van $4.7 miljard.

Harmony vaar beter

Harmony Goud, Suid-Afrika se derde grootste goudvervaardiger, het Vrydag ‘n 1.7% toename in kernverdienste aangemeld vir die kwartaal wat in Maart geëindig het.

Produksie was wel 3.4% laer as in Desember.

Maar na die verkope van bates en addisionele finansiering het Harmony nou daarin geslaag om geen meer skuld te hê nie.

“Harmony is finansieël gesond,” het die hoof-uitvoerende beampte Graham Briggs gesê.

Mense betaal nie huur nie

Die hoeveelheid huurders wat nie hul huur betaal nie het toegeneem tot op ‘n kommerwekkende 19% in die eerste kwartaal van die jaar, het Rental Payment Monitor berig.

Dit was 14% in die vorige kwartaal. Huurbetalings neem oor die algemeen af, het die onderneming gesê.

Hoewel daar ‘n klein verbetering was in die hoeveelheid mense wat laat die volle bedrag betaal het asook in diegene wat hul huur betyds betaal het, het die algehele prentjie negatief gelyk.

Toyota kondig verliese aan

Toyota Motor, die wêreld se grootste motorvervaardiger het Vrydag aangekondig dat hy ‘n jaarlikse net verlies van R37.1 miljard gely het, sy eerste verlies ooit en het gewaarsku dat hy dieper in die rooi sal val vanjaar.

Toyota se president, Katsuaki Watanabe, het dit blameer op die “aansienlike vermindering in voertuigaankope veral in die VSA en Europa” asook die stygende yen teenoor die dollar en die euro.

Besigheidsvertroue in Zuma groei

‘n Toename in beleggings-en besigheidsvertroue wys dat die sektor meer toegeeflik raak ten opsigte van die leierskap van die nuwe president, Jacob Zuma, het die Besigheid Eenheid Suid-Afrika-groep Donderdag gesê.

Dit kon ook gesien word in die positiewe reaksie deur die markte, het die groep in ‘n verklaring gesê.

“Ons sien die verkiesing van Zuma as ‘n groot moontlikheid om samewerking tussen die regering en besigheid te verbreed en te verdiep oor die komende jare.”

Mosambiekse ekonomie geknou

Die wêreldwye ekonomiese krisis het Mosambiek hard geslaan, met verliese van tot $100 miljoen in belastinginkomste hierdie jaar, het regeringsamptenare gesê.

Die land se belastingshoof het gesê sy instansie was besig om maatskappye te waarsku om belasting te betaal en dat daar ‘n oudit van maatskappyrekeninge en finansiële verslae sou wees.

Thursday, 07 May 2009

‘Telkom, Icasa moet nog praat’

'n Woordvoerder sê die Onafhanklike Uitsaai-owerheid (Icasa) oorweeg nog al die implikasies nadat Telkom sy media-eenheid aan ‘n Chinese maatskappy verkoop het.

Die woordvoerder, Sekgoela Sekgoela, sê Icasa moet nog met Telkom in gesprek tree nadat hulle die eenheid aan Shenzhen Media verkoop het, wat reeds vier Chinese radiostasies besit.

Busbestuurders aanvaar voorstel

Lede van die SA Transport and Allied Workers’ Union (Satawu) het ‘n voorstel van ‘n bemiddelaar aanvaar. Satawu is in dispuut met Johannesburgse Metrobus maatskappy.

Die unie sê as Metrobus die voorstel aanvaar, sal hul staking tot ‘n einde kom. Sowat 402 busbestuurders het verlede week begin staak omdat hulle sê hul eise rakende salarisskale is nie bespreek nie.

Marchionne gaan Chryslerbaas word

’n Berig van Washington sê die motornywerheid gaan baie verander ná die aanstelling van ‘n Fiatbaas, Sergio Marchionne, as Chrysler hoof.

Daar is ook berigte dat Volkswagen en Porsche moontlik ‘n finansiële kontrak kan teken. Fiat, wat ‘n beherende aandeel in Chrysler verkry het en ook General Motorsse Opel fabriek in Europa in hul visier het, is aan die voorpunt van verandering in die motorsektor.

Obama reg vir begroting

Die Amerikaanse president, Barack Obama, gaan Donderdag ‘n uitgebreide begroting vir 2010 bekend maak en gaan voort met sy $3 triljoen begroting, ten spyte van besware.

Amptenare het egter in Washington gesê 121 programme van sowat $17 miljard gaan geskrap word nadat die kongres dit goedgekeur het, maar sowat 80 nuwe programme is wel ingesluit.

Reserwebank – steeds groot risikos

Die Reserwebank het in hul jongste finansiële bestendigheids oorsig gesê daar is nog steeds risikos in die wêreldwye resessionêre omgewing wat ‘n invloed het op finansiële markte. Die bank het as voorbeeld afnames in lenings vir besighede en huiseienaars, laer korporatiewe wins en nog meer verliese in effekte markte, asook swakker eiendoms- en goedere markte genoem.

Die bank sê die wêreldwye G20 plan vir herstel en hervorming is die spil waarom alles sal draai om die ekonomie weer aan die gang te kry.

Christie's verkoop R102m kuns

Christie’s se afslaers het Woensdag stof in die oë van hul teenstanders, Sotheby’s, geskop met ‘n suksesvolle aand waartydens kunsmeesterwerke ter waarde van $102 miljoen verkoop is.

By die Sotheby’s veiling vroeër die week kon twee werke, ‘n Picasso skildery en ‘n Giacometti beeldhouwerk, nie verkoop word nie.

By Christie’s se veiling, was ‘n Picasso skildery uit 1968 die werk wat die hoogste prys gehaal het, sowat $14.6m.

Die kunswêreld is geraak deur die wêreldwye finansiële krisis met minder werke wat opgeveil word en pryse wat oor die algemeen laer is.

Goud bly goeie belegging

Investec het Donderdag gesê dat goud steeds ‘n goeie belegging is en goeie vooruitsigte toon in die huidige ekonomiese klimaat.

Die goudprys het egter nog nie hoër geklim as die hoogtepunte wat in 2008 bereik is nie.

Investec bate bestuurders meen dat die goudprys hoofsaaklik deur aanvraag bepaal word.

Britse regering wil LDV uithelp

Die Britse regering het finansiële ondersteuning aangebied vir ‘n voorgestelde oorname van die sukkelende vragmotorvervaardiger, LDV, deur Weststar van Maleisië, om te keer dat dit bankrot verklaar word.

Nie een van die maatskappye het al die samesprekings bevestig nie, maar ‘n Britse departement van besigheid het bevestig dat daar gekyk word na ‘n oorbruggingslening van tot R63m om die maatskappy aan die gang te hou.

Reserwebank kritiseer banke

Banke is Woensdag deur die Reserwebank gekritiseer daarvoor dat hulle leenstandaarde verskerp het, nadat hulle jare lank beskuldig is daarvan dat hulle geld te maklik uitgeleen het.

Die Reserwebank het in ‘n verslag Woensdag gesê dat huisleningsagente nou vir mense vra om ‘n tot 30% deposito neer te sit op ‘n huis voordat ‘n lening toegestaan sal word.

Plaaslike banke was egter steeds winsgewend en nie so erg geaffekteer deur die wêreldwye finansiële krisis nie, wat myn, vervaardigings-en behuisingssektore meer geraak het.

Pamodzi-hoof bedank

Die hoof-uitvoerende beampte van Pamodzi Goud, Peter Steenkamp, het bedank, het die maatskappy Woensdag gesê.

Steenkamp het bedank met onmiddelike effek om ander belangstellings na te streef.

Die maatskappy se nie-uitvoerende voorsitter, Ndaba Ntsele, en sy nie-uitvoerende adjunk-voorsitter, Ken Steenkamp, sal die maatskappy bestuur vir die volgende jaar.

Die maatskappy is tans in ernstige finansiële verknorsing.

Wednesday, 06 May 2009

Barloworld-verdienste straks laer

Barloworld se verwagte basiese verdienste per aandeel vir die ses maande tot Maart 2009 kan tot 60-70% laer sal wees as in dieselfde tyd in 2008, aldus ‘n verklaring van dié maatskappy.

Die groep sê dat hoewel handel in toerusting in suidelike Afrika vir die huidige periode “sterk” is en die motorafdeling goed doen in moeilike markte, “uitdagende handelstoestande” in sy internasionale operasies gegeld het.

Oliepryse laer in Asië

Oliepryse was laer in die Asiese handel in afwagting op ‘n verslag wat na verwagting sal wys dat olievoorrade in Amerika, die wêreld se grootste energieverbruiker, styg.

Handelaars sê die markte is ook geaffekteer deur kommer oor die stand van die grootste Amerikaanse banke.