Die doller het Vrydag effens verbeter nadat dit hierdie week sterk gedaal het weens Amerikaanse data wat aangetoon het dat die werkloosheidsyfer gedaal het.
Die data het egter ook aangetoon dat afleggings aan die afneem is.
Intussen het die sentrale bank in Duitsland, die grootste ekonomie in die euro-sone, aangekondig dat 2010 meer stagnering sal meebring.
Die euro het Vrydagoggend tot $1.4006 gedaal, en die Britse pond het op $1.6009 te staan gekom.