SAA het R2.5 miljard gespaar met sy onlangse herstrukturering, het Business Day Dinsdag gerapporteer.
Die lugredery is glo operasioneel bestendig, het die koerant beweer en die hoof-uitvoerende beampte, Chris Smyth, aangehaal.
Die maatreëls het ook die lugredery in ‘n goeie posisie geplaas om die huidige ekonomiese insinking en hoër brandstofpryse te hanteer.