Tuesday, 02 June 2009

Tongaat Hulett 'is gulsig'

Tongaat Hulett stuur af op nog ‘n konflik met die regering oor die beoogde ontwikkeling van grond in KwaZulu-Natal.

Die land val binne 30km van die nuwe R8 miljard King Shaka lughawe en Dube Tradeport.

Rohan Persad, die hoof-uitvoerende beampte van Dube Tradeport, het die suiker en eiendomsmaatskappy beskuldig daarvan dat hy “korporatief gulsig” is en weier om saam te werk met hom en die regering.