Videospeletjie fanatici sal voortaan deur afrigters afgerig kan word, aangesien hierdie industrie voortaan meer gaan fokus op fiksheidtitels.
Dit was duidelik tydens die Elektroniese Vermaak Expo wat Donderdag in Los Angeles geëindig het, dat oefening, sport en dans videospeletjies baie gewild is.
Speletjies word gespeel deur die beweging van die liggaam, eerder as net met die duime.
Saturday, 06 June 2009
Sosiale netwerk webtuistes uiters gewild
Amerikaners spandeer in vergelyking met verlede jaar ongeveer dubbel meer tyd op sosiale netwerk webtuistes.
Nielsen Online het bevind dat die hoeveelheid minute wat Amerikaners op sosiale netwerke soos Facebook, MySpace, Blogger, Tagged, Twitter en LinkedIn spandeer, sedert April 2008 met ongeveer 83 persent toegeneem het.
Die hoeveelheid minute wat op Facebook spandeer word, het met byna 700 persent toegeneem, van 1.7 miljard in April 2008 tot 13.9 miljard in April 2009.

Gates wil sy rykdom deel
Bill Gates, die wêreld se rykste man, het Woensdag sy mede-miljardêrs uitgedaag om meeste van hul weelde en geld weg te gee.
Gates is oortuig daarvan dat rykdom gedeel moet word, eerder as wat dit aan die nageslagte nagelaat word.
“Ek sê nie hulle moet alles weggee nie, en natuurlik moet hul kinders ook iets kry. Ek is egter oortuig daarvan dat indien hulle die rykdom deel, hulle en hulle kinders gelukkiger mense sal wees. En die wêreld sal ‘n beter plek wees,” het Gates gesê.
Gates het groot bedrae van sy $40 miljard fortuin al weggegee ten einde armoede te verbeter.

Doller verbeter effens
Die doller het Vrydag effens verbeter nadat dit hierdie week sterk gedaal het weens Amerikaanse data wat aangetoon het dat die werkloosheidsyfer gedaal het.
Die data het egter ook aangetoon dat afleggings aan die afneem is.
Intussen het die sentrale bank in Duitsland, die grootste ekonomie in die euro-sone, aangekondig dat 2010 meer stagnering sal meebring.
Die euro het Vrydagoggend tot $1.4006 gedaal, en die Britse pond het op $1.6009 te staan gekom.

Werkloosheid in Kanada neem toe
Kanada het gedurende Mei 42 000 werkers afgelê.
Die land se werkloosheidsyfer het met 0.4 persent gestyg, en staan nou op 8.4 persent.
Dit is die hoogste werkloosheidsyfer wat die land in 11 jaar gehad het.
Die Kanadese regering het Vrydag aangekondig dat werkloosheid sedert Oktober 2008 met 363 000, of 2.1 persent, gedaal het.

Friday, 05 June 2009
Cosatu soek nuwe bloed by Reserwebank
Cosatu het sy steun toegesê aan stakings vir laer rentekoerse en meen dis tyd vir nuwe leierskap by die Reserwebank wanneer die president van die Reserwebank, Tito Mboweni, se kontrak in Augustus verstryk.
Cosatu steun die vakbond vir metaalwerkers se planne vir massa-optrede, het sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi gesê.
“Dit gaan ’n landwye veldtog wees. Ons het hierdie simpel beleid van inflasieteikens wat rentekoerse hoog hou. Dit het duidelik nie gehelp om die ekonomie te laat groei nie,” het hy gesê.

Hummer-transaksie dalk deur die mat
General Motors se plan om sy Hummer-handelsmerk aan ’n onbekende Chinese maatskappy te verkoop, kan deur reguleerders in die wiele gery word.
Die transaksie tussen GM en Sichuan Tengzhong, ’n vervaardiger van swaar masjinerie, sal minstens op provinsiale vlak deur die Chinese departement van handel goedgekeur moet word.
Volgens die Chinese pers het Sichuan Tengzhong nog nie dié goedkeuring gekry nie. Een artikel het die verkryging van Hummer vergelyk met ’n "slang wat ’n olifant probeer insluk”.

Subscribe to:
Posts (Atom)