Saturday, 06 June 2009

Videospeletjies fokus meer op beweging

Videospeletjie fanatici sal voortaan deur afrigters afgerig kan word, aangesien hierdie industrie voortaan meer gaan fokus op fiksheidtitels.

Dit was duidelik tydens die Elektroniese Vermaak Expo wat Donderdag in Los Angeles geëindig het, dat oefening, sport en dans videospeletjies baie gewild is.

Speletjies word gespeel deur die beweging van die liggaam, eerder as net met die duime.