Monday, 01 June 2009

Numsa eis 200 basispunte

Die National Union of Metalworkers (Numsa) sal Maandag vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, vra om by hulle aan te sluit met massa-optrede teen die Reserwebank as die rentekoers nie verlaag word nie.

“Ons het Cosatu se steun dat die rentekoers met nog 200 basispunte verlaag moet word,” het Numsa se sektretaris-generaal, Irvin Jim, gesê.

Verlede week wou Tito Mboweni van die Reserwebank nie ’n Numsa-petisie aanvaar nie. Jim bestempel Mboweni se optrede as "arrogant en onaanvaarbaar" en sê dat hy “groot moeilikheid soek” deur die werkersklas te verontagsaam.