Monday, 01 June 2009

R300 m vir Madiba-regte ‘blatante leuens’

Nelson Mandela se kleinseun Mandla gaan regstappe neem oor ’n koerantberig in die Sunday World waarin beweer word dat hy die uitsaairegte vir Madiba se begrafnis vir R3 miljoen verkoop het. Volgens hom is dit ’n blatante leuen.

Volgens die berig het die voormalige nuushoof van die SABC, Snuki Zikalala, die transaksie verlede jaar beklink uit ’n begroting van sowat R700 miljoen.

Volgens ’n bron hoop die SABC om miljarde rande wins te maak deur sekere regte tot die begrafnis aan ander plaaslike en internasionale TV-stasies te verkoop.