SAA het R2.5 miljard gespaar met sy onlangse herstrukturering, het Business Day Dinsdag gerapporteer.
Die lugredery is glo operasioneel bestendig, het die koerant beweer en die hoof-uitvoerende beampte, Chris Smyth, aangehaal.
Die maatreëls het ook die lugredery in ‘n goeie posisie geplaas om die huidige ekonomiese insinking en hoër brandstofpryse te hanteer.
Tuesday, 02 June 2009
Ramphele kry nuwe pos
Die voormalige Wêreldbank besturende direkteur, Mamphele Ramphele sal die voorsitter word van die nuwe Tegnologie Innoveringsagentskap, het die minister van wetenskap en tegnologie, Naledi Pandor, Maandag gesê.
Die agentskap word gestig om tegnologiese innovering te stimuleer en om Suid-Afrika se ekonomiese groei aan te help.
Die raad van 10 lede is deur die kabinet goedgekeur en bring baie ervaring na hul nuwe poste, het Pandor gesê.

Tongaat Hulett 'is gulsig'
Tongaat Hulett stuur af op nog ‘n konflik met die regering oor die beoogde ontwikkeling van grond in KwaZulu-Natal.
Die land val binne 30km van die nuwe R8 miljard King Shaka lughawe en Dube Tradeport.
Rohan Persad, die hoof-uitvoerende beampte van Dube Tradeport, het die suiker en eiendomsmaatskappy beskuldig daarvan dat hy “korporatief gulsig” is en weier om saam te werk met hom en die regering.

Hupstoot vir Foschini
Foschini, Suid-Afrika se derde grootste klereverkoper, is Maandag opgegradeer wat hom in staat stel om te koop by die Bank of America-Merrill Lynch.
Die makelaars het die klereverkoper se 12 maandelikse prys waardering van R45 na R54 opgestoot.
Bank of America het ook die winkel se inkomste waardasie vir volgende jaar met 6% vermeerder.

Monday, 01 June 2009
R50 m vir radiostasie nie 'skelmstreek'
Die belastinghof het die SA Inkomstediens (SARS) se besluit om nie ’n belastingaftrekking van R50 miljoen vir die aankoop van ’n radiostasie se handelsmerk en naam toe te staan nie, tersyde gestel.
Nina Keyser, die belastingbetaler se prokureur, sê die saak spruit voort uit die verkoop van die SABC se streeksradiostasies in 1996. Die belastingbetaler het ’n radiostasie vir R65 miljoen gekoop, waarvan R50 miljoen vir die handelsmerk en naam van die stasie was. Laasgenoemde kon destyds van belasting afgetrek word.
SARS het aangevoer dat dit ’n skelmstreek was, maar die hof het anders bevind.

R300 m vir Madiba-regte ‘blatante leuens’
Nelson Mandela se kleinseun Mandla gaan regstappe neem oor ’n koerantberig in die Sunday World waarin beweer word dat hy die uitsaairegte vir Madiba se begrafnis vir R3 miljoen verkoop het. Volgens hom is dit ’n blatante leuen.
Volgens die berig het die voormalige nuushoof van die SABC, Snuki Zikalala, die transaksie verlede jaar beklink uit ’n begroting van sowat R700 miljoen.
Volgens ’n bron hoop die SABC om miljarde rande wins te maak deur sekere regte tot die begrafnis aan ander plaaslike en internasionale TV-stasies te verkoop.

Numsa eis 200 basispunte
Die National Union of Metalworkers (Numsa) sal Maandag vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is, vra om by hulle aan te sluit met massa-optrede teen die Reserwebank as die rentekoers nie verlaag word nie.
“Ons het Cosatu se steun dat die rentekoers met nog 200 basispunte verlaag moet word,” het Numsa se sektretaris-generaal, Irvin Jim, gesê.
Verlede week wou Tito Mboweni van die Reserwebank nie ’n Numsa-petisie aanvaar nie. Jim bestempel Mboweni se optrede as "arrogant en onaanvaarbaar" en sê dat hy “groot moeilikheid soek” deur die werkersklas te verontagsaam.

Subscribe to:
Posts (Atom)