Steenkoolmyne is die mees bekostigbaar vir jare, maar net mense met baie kontant of kopers met staatsondersteuning sal hierdie geleentheid kan aangryp, sê ‘n berig. Chinese en Indiese aanvraag het steenkool en mynpryse die hoogte laat inskiet sedert 2008, maar sedertdien het dit met 60% gedaal.
‘n Woordvoerder van die Macquarie Bank sê die tweede of derde kwartaal hierdie jaar behoort ‘n goeie tyd te wees om ‘n steenkoolmyn te koop. “Daar behoort groot belangstelling te wees, selfs van die groot myne om steenkoolmyne te koop wat kontant kan genereer, wat groot reserwes het en naby hawens is.”
Friday, 06 March 2009
Thursday, 05 March 2009
Standaard selfoonlaaiers op pad
Selfoonvervaardigers het in Barcelona ooreengekom om selfoonlaaiers teen 2012 vir die meeste selfone te standaardiseer.
Die vereniging van 17 selfoonvervaardigers sê bykans 21.8 miljoen ton kweekhuisgasse kan in ‘n jaar bespaar word. Mense wat selfoonlaaiers weggooi dra by tot meer as 51 000 ton rommel ‘n jaar.
Die vereniging van 17 selfoonvervaardigers sê bykans 21.8 miljoen ton kweekhuisgasse kan in ‘n jaar bespaar word. Mense wat selfoonlaaiers weggooi dra by tot meer as 51 000 ton rommel ‘n jaar.
Koperprys kan invoere kortwiek
Die arbitrasie venster wat winsgewende invoer van koper van die internasionale markte na China toelaat het toegemaak soos die gaping tussen Shanghai en Londense markte nouerder geword het.
‘n Handelaar in Singapoer sê ‘n beduidende hoeveelheid koper van Londen se metaalbeurs gaan na China. “Waarborge kan nie maklik verkry word nie, so mense klou vas aan wat hulle het.”
‘n Handelaar in Singapoer sê ‘n beduidende hoeveelheid koper van Londen se metaalbeurs gaan na China. “Waarborge kan nie maklik verkry word nie, so mense klou vas aan wat hulle het.”
Transnet wil verhoging van 82% hê - nie 300%
Transnet het ontken dat hulle ‘n 300% verhoging in pypleidingtariewe vra – hulle wil ‘n verhoging van 82.5% hê. Dit volg nadat BP Suidelike-Afrika vroeër daarop gewys het dat die implementering van ‘n 300% toename tot die verlies van 21 614 poste kan lei.
Die National Energy Regulator of South Africa (Nersa), sal later vandeesmaand ‘n besluit oor die tariewe bekend maak en dit sal volgende maand in werking tree.
Die National Energy Regulator of South Africa (Nersa), sal later vandeesmaand ‘n besluit oor die tariewe bekend maak en dit sal volgende maand in werking tree.
Beperkte herstel in vooruitsig
‘n Valuta strateeg, Michael Keenan, sê ten spyte van die donker prentjie vir vooruitsigte vir uitvoer, sal Suid-Afrika se huidige lopende rekening tekort hierdie jaar krimp. Die lopende rekening tekort is gelyk aan 8.1% van die Bruto Binnelandse Produk in 2008, lui Februarie se begrotingshersiening dokument.
Die lopende rekening bestaan uit die handels- en dienste rekenings en beide was onder druk omdat die uitvloei meer is as die invloei.
Die lopende rekening bestaan uit die handels- en dienste rekenings en beide was onder druk omdat die uitvloei meer is as die invloei.
Markte veiliger gemaak vir beleggers
Die uitvoerende arm van die Europese Unie het saamgestem om voorstelle te maak dat ‘n reeks maatreëls ingestel word om finansiële markte en bankinstellings veiliger vir beleggers te maak.
Die wêreldwye ekonomiese krisis het ook Europase se ekonomie afwaarts laat spiraal, wat daartoe gelei het dat besluite heroorweeg word om markte en banke beter te reguleer. Van dié besluite sluit in strenger bankkapitaalreëls, vaartbelynde toesigstelsels en groter deursigtigheid.

Regering waarsku oor plase
Die regering het gewaarsku dat plase wat ingedeel is by die grondhervormingsprogram weggeneem kan word indien hulle nie behoorlik bewerk word nie, het die minister van landbou, Lulu Xingwana, gesê.
Xingwana het Woensdag gesê ‘n nuwe “gebruik dit of verloor dit” beleid is nou van toepassing.
Die ANC se doelwit in 1994 was dat 30% van alle bewerkte grond in swart hande moet wees teen 2014. Volgens die direkteur-generaal van grondsake, Thozi Gwanya, is daar tans ‘n tekort aan geld om die grondhervormingsprogram af te sluit.

Subscribe to:
Posts (Atom)