Friday, 06 March 2009

Blink idee om 'n steenkoolmyn te koop

Steenkoolmyne is die mees bekostigbaar vir jare, maar net mense met baie kontant of kopers met staatsondersteuning sal hierdie geleentheid kan aangryp, sê ‘n berig. Chinese en Indiese aanvraag het steenkool en mynpryse die hoogte laat inskiet sedert 2008, maar sedertdien het dit met 60% gedaal.

‘n Woordvoerder van die Macquarie Bank sê die tweede of derde kwartaal hierdie jaar behoort ‘n goeie tyd te wees om ‘n steenkoolmyn te koop. “Daar behoort groot belangstelling te wees, selfs van die groot myne om steenkoolmyne te koop wat kontant kan genereer, wat groot reserwes het en naby hawens is.”