Thursday, 05 March 2009

Koperprys kan invoere kortwiek

Die arbitrasie venster wat winsgewende invoer van koper van die internasionale markte na China toelaat het toegemaak soos die gaping tussen Shanghai en Londense markte nouerder geword het.

‘n Handelaar in Singapoer sê ‘n beduidende hoeveelheid koper van Londen se metaalbeurs gaan na China. “Waarborge kan nie maklik verkry word nie, so mense klou vas aan wat hulle het.”