Thursday, 05 March 2009

Transnet wil verhoging van 82% hê - nie 300%

Transnet het ontken dat hulle ‘n 300% verhoging in pypleidingtariewe vra – hulle wil ‘n verhoging van 82.5% hê. Dit volg nadat BP Suidelike-Afrika vroeër daarop gewys het dat die implementering van ‘n 300% toename tot die verlies van 21 614 poste kan lei.

Die National Energy Regulator of South Africa (Nersa), sal later vandeesmaand ‘n besluit oor die tariewe bekend maak en dit sal volgende maand in werking tree.