Die regering het gewaarsku dat plase wat ingedeel is by die grondhervormingsprogram weggeneem kan word indien hulle nie behoorlik bewerk word nie, het die minister van landbou, Lulu Xingwana, gesê.
Xingwana het Woensdag gesê ‘n nuwe “gebruik dit of verloor dit” beleid is nou van toepassing.
Die ANC se doelwit in 1994 was dat 30% van alle bewerkte grond in swart hande moet wees teen 2014. Volgens die direkteur-generaal van grondsake, Thozi Gwanya, is daar tans ‘n tekort aan geld om die grondhervormingsprogram af te sluit.