Ekonomiese groei in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal waarskynlik verlangsaam tot ongeveer 4% weens die wêreldwye ekonomiese krisis, sê minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma.
Sy sê die afgelope vyf jaar het die meeste lede van die 15-nasie streeksliggaam, Zimbabwe uitgesonderd, ’n groeikoers van tussen 5 en 7% behaal.
Monday, 02 March 2009
80 000 ou taxi’s ‘word vervang’
Die nasionale departement van vervoer glo hy gaan sy teiken haal om 80% van die ongeveer 100 000 ou taxi’s op die land se paaie teen volgende jaar te vervang.
Daar is egter nog net 22 000 taxi’s geskrap sedert die R7,7 miljard taxi-herkapitilisasieprojek in Oktober 2006 ingestel is.
Taxibestuurders kry ’n eenmalige toelaag van R50 000 om hul ou voertuie te skrap.
In Januarie 2009 is daar nóg R350 miljoen vir die projek begroot.

Krediet verlangsaam
Die Reserwe Bank sê daar is bewys dat verbruikers deesdae meer versigtig is en krediet dus verlangsaam. Die bank sê die groei in bankkrediet aan die privaatsektor het tot 11.85% gekrimp - onder die verwagte 12%.
Een van die sektore wat die meeste geraak word is kredietkaarte. ‘n Ekonoom van Stanlib, Kevin Lings, sê kredietkaarte het tot slegs 2.6% jaar tot jaar verlangsaam, wat ‘n negatiewe syfer is as die impak van inflasie uitgeskakel word.

Min werksdae in April pla handelaars
Die sukkelende ekonomie staar meer probleme in die gesig in April wanneer daar slegs 18 werksdae gaan wees. Daar is openbare vakansiedae en die verkiesing – Goeie Vrydag (10 April), Gesinsdag (13 April), Verkiesingsdag (22 April), Vryheidsdag (27 April) en Werkersdag (1 Mei). Die skoolvakansie is van 3 tot 15 April.
Daar word verwag dat al mense wat in April breed gaan glimlag gaan die ontspannings- en kleinhandelaars wees.
Daar word verwag dat al mense wat in April breed gaan glimlag gaan die ontspannings- en kleinhandelaars wees.
'Ooreenkomste is 'n mislukking'
Die sogenaamde Special Purpose Vehicles (SPVs) – finansiële ooreenkomste wat dikwels gebruik word in swart ekonomiese bemagtigingsooreenkomste - is nie volhoubaar nie en werk nie, maar dit word steeds gebruik weens die fooie wat dit genereer.
‘n Vennoot van Bravura Economic Empowerment Consulting, Ajay Lalu, sê die SPVs is ‘n mislukking omdat dit gebaseer is op verhogende aandele eerder as kontantvloei. Sy wys egter daarop dat die markte wispelturig is en grootliks deur sentiment aangedryf word.

Teiken vir nuwe taxis haalbaar
Die vervoerdepartement se woordvoerder, Collen Msibi, sê daar word nog steeds gedink dat die teiken behaal kan word om 80% van die sowat 100 000 taxis teen 2010 op die land se paaie vervang kan word.
Wenkbroue het gelig ná hierdie stelling, want slegs 22 000 taxis is geskrap sedert die R7.7 miljard herkapitalisasieprojek in Oktober 2006 van stapel gestuur is. Slegs R350 miljoen is in die begrotingsoorsig in Januarie vir die projek begroot.

Manuel rig waarskuwing
Die minister van finansies, Trevor Manuel, sê nog meer mense in die mynbedryf kan hul werk weens die wêreldwye ekonomiese krisis verloor.
SAfm berig dat Manuel het mense in Springbok – die middelpunt van diamantproduksie in Suid-Afrika – toegespreek en gesê myne mag dalk sluit en dat moeilike tye voorlê.
SAfm berig dat Manuel het mense in Springbok – die middelpunt van diamantproduksie in Suid-Afrika – toegespreek en gesê myne mag dalk sluit en dat moeilike tye voorlê.
Subscribe to:
Posts (Atom)