Monday, 02 March 2009

Min werksdae in April pla handelaars

Die sukkelende ekonomie staar meer probleme in die gesig in April wanneer daar slegs 18 werksdae gaan wees. Daar is openbare vakansiedae en die verkiesing – Goeie Vrydag (10 April), Gesinsdag (13 April), Verkiesingsdag (22 April), Vryheidsdag (27 April) en Werkersdag (1 Mei). Die skoolvakansie is van 3 tot 15 April.

Daar word verwag dat al mense wat in April breed gaan glimlag gaan die ontspannings- en kleinhandelaars wees.