Die sogenaamde Special Purpose Vehicles (SPVs) – finansiële ooreenkomste wat dikwels gebruik word in swart ekonomiese bemagtigingsooreenkomste - is nie volhoubaar nie en werk nie, maar dit word steeds gebruik weens die fooie wat dit genereer.
‘n Vennoot van Bravura Economic Empowerment Consulting, Ajay Lalu, sê die SPVs is ‘n mislukking omdat dit gebaseer is op verhogende aandele eerder as kontantvloei. Sy wys egter daarop dat die markte wispelturig is en grootliks deur sentiment aangedryf word.