Die vervoerdepartement se woordvoerder, Collen Msibi, sê daar word nog steeds gedink dat die teiken behaal kan word om 80% van die sowat 100 000 taxis teen 2010 op die land se paaie vervang kan word.
Wenkbroue het gelig ná hierdie stelling, want slegs 22 000 taxis is geskrap sedert die R7.7 miljard herkapitalisasieprojek in Oktober 2006 van stapel gestuur is. Slegs R350 miljoen is in die begrotingsoorsig in Januarie vir die projek begroot.