Die Reserwe Bank sê daar is bewys dat verbruikers deesdae meer versigtig is en krediet dus verlangsaam. Die bank sê die groei in bankkrediet aan die privaatsektor het tot 11.85% gekrimp - onder die verwagte 12%.
Een van die sektore wat die meeste geraak word is kredietkaarte. ‘n Ekonoom van Stanlib, Kevin Lings, sê kredietkaarte het tot slegs 2.6% jaar tot jaar verlangsaam, wat ‘n negatiewe syfer is as die impak van inflasie uitgeskakel word.