Die nasionale departement van vervoer glo hy gaan sy teiken haal om 80% van die ongeveer 100 000 ou taxi’s op die land se paaie teen volgende jaar te vervang.
Daar is egter nog net 22 000 taxi’s geskrap sedert die R7,7 miljard taxi-herkapitilisasieprojek in Oktober 2006 ingestel is.
Taxibestuurders kry ’n eenmalige toelaag van R50 000 om hul ou voertuie te skrap.
In Januarie 2009 is daar nóg R350 miljoen vir die projek begroot.