Ekonomiese groei in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) sal waarskynlik verlangsaam tot ongeveer 4% weens die wêreldwye ekonomiese krisis, sê minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma.
Sy sê die afgelope vyf jaar het die meeste lede van die 15-nasie streeksliggaam, Zimbabwe uitgesonderd, ’n groeikoers van tussen 5 en 7% behaal.