Navorsing in Brittanje toon dat bankiers grootliks blameer word vir die grootste finasiële krisis in 70 jaar. Maar meeste bankiers voer egter aan dat die krisis deur politici teweeg gebring is. Politici voer weer aan dit is die bankwese se skuld.
“Indien politici aan beide kante van die Atlantiese oseaan aanvoer dat die krisis 100% die bankiers se skuld is, is hulle oneerlik,” het Scott Moeller, die direkteur van besigheidsnavorsing aan die Cass Besigheidskool in Londen, gesê.
Die publiek se woede teenoor bankiers duur nou al vir ‘n wyle.