Wednesday, 29 April 2009

Kredietvoorsieners help verbruikers

‘n Poging om miljoene verbruikers wat diep in die skuld is te help gaan volgende maand deur die Bankvereniging van Suid-Afrika en ander kredietvoorsieners van stapel gestuur word.

Hierdie projek gaan geloods word nadat ‘n verslag van die Kredietburo-monitor vir die kwartaal wat in Desember geëindig het, getoon het dat slegs 10.2 miljoen verbruikers nie juis finansiële probleme het nie. Meer as 7.3 miljoen mense was in dié tydperk agterstallig met paaiemente, wat sowat 41.6% is van die algehele verbruikers wat krediet gebruik verteenwoordig, in vergelyking met die 40.5% in September.