Monday, 27 April 2009

Varkgriep kan herstel belemmer

Swaargewig-kommoditeite het Maandag skerp teruggesak weens ’n daling in die pryse van grondstowwe namate vrese vir varkgriep die vraag beïnvloed het.

Voorste oliemaatskappye soos BP en Royal Dutch Shell het byvoorbeeld onderskeidelik met 2,4 en 2,3% gedaal.

Mynboumaatskappye BHP Billiton, Rio Tinto, Anglo American, Xstrata, Kazakhmys, Vedanta Resources, Antofagasta en Lonmin het tussen 2,5 en 4,4% verloor.

Martin Slaney, hoof van afgeleide instrumente by GFT Global Markets, sê daar heers kommer oor hoe die varkgriep ekonomiese herstel kan beïnvloed.