Saturday, 25 April 2009

Duitsland blok toegang tot kinderpornografie

Duitsland se minister van ekonomiese sake, Karl-Theodor Guttenberg, het Woensdag aangekondig dat die regering ‘n konsepwetgewing wat toegang tot kinderpornografie webtuistes blok, goedgekeur het.

Die regering het verlede Vrydag ‘n ooreenkoms met die land se grootste Internetdiensverskaffers – wat 75 persent van die Duitse mark bedien – geteken.

Ongeveer 1500 webblaaie met onwettige foto’s van kinders sal voortaan geblok word. Internetgebruikers wat in die toekoms probeer om hierdie foto’s af te laai, sal met ‘n groot rooi stopteken begroet word, en die gebruiker waarsku teen die impak van pedofilie op die slagoffers.