Wednesday, 29 April 2009

PnP personeel kan aandele koop

Die uitvoerende voorsitter van Pick n Pay, Raymond Ackerman, sê ‘n swart bemagtingstransaksie waaraan die maatskappy werk sal slegs vir personeel wees.

Hy het gesê die persentasie aandele wat aan personeel verkoop gaan word is nog nie gefinaliseer nie, maar hulle wil nie ‘n buitestaander hê nie. Daar word gehoop dat die projek voor die einde van volgende jaar afgehandel sal wees.