Friday, 17 April 2009

Koolprojek kan 14 000 poste skep

Coal of Africa beplan om R3 miljard te belê in sy Vele koolmyn in Limpopo.

Die belegging sal ongeveer 14 000 direkte en indirekte poste skep gedurende die konstruksiefase.

Ongeveer 30 000 direkte en indirekte poste kan geskep word gedurende die operasionele fase.

Die maatskappy sê die mynwese is noodsaaklik vir Suid-Afrika en Limpopo se groeiende ekonomie.