Cipla Medpro het nog nie ‘n besluit geneem oor Adcock Ingram se aankoopsaanbod nie, het die land se derde grootste farmaseutiese maatskappy Maandag gesê.
Daar is Vrydag foutiewelik in ‘n persverklaring beweer dat die maatskappy die R2.1 miljard aanbod verwerp het.
Dit is egter nie waar nie, het Cipla in ‘n verklaring Maandag gesê.