Monday, 27 April 2009

Laer vraag bedreig Billiton se Bayside-smeltery

Die volhoubaarheid van BHP Billiton se Bayside-aluminiumsmeltery in Suid-Afrika is in gevaar omdat plaaslike vraag aan die afneem is.

Volgens woordvoerder Bronwyn Wilkinson ondersoek BHP Billiton verskeie opsies om die Bayside-smeltery te herstruktureer en sodoende die aanleg se volhoubaarheid te verseker.

Die smeltery funksioneer teen die helfte van sy kapasiteit teen 174 000 ton per jaar en lewer “toegevoegdewaarde”-aluminiumprodukte soos knuppels en stawe.

Suid-Afrikaanse vervaardiging het in Februarie teen ’n jaarkoers van 15% afgeneem, die grootste daling sedert 1991.