Die Seattle Post-Ingelligencer het verlede maand hul gedrukte weergawe vaarwel toegeroep en is nou slegs digitaal beskikbaar.
Dit was die eerste groot Amerikaanse koerant wat hierdie skuif gemaak het. Die Rocky Mountain News in Denver, Colorado, het gedurende dieselfde tyd ‘n nuwe webtuiste bekend gestel genaamd INDenverTimes.com, en het beplan om 50 000 intekenaars te kry.
Die eerste syfers het hierdie week verskyn. INDenverTimes.com het nie naastenby hulle doelstelling bereik nie, en die Seattle Post-Intelligencer webruimte se aanlyn lesersgetalle het afgeneem.
Rick Edmons, ‘n media- en besigheidsanalis by die Poyter Instituut, het gesê: “Ek dink nie die plan was in die eerste plek realisties nie. Navorsing het aangetoon dat mense nie bereid is om vir algemene nuusinhoud wat hulle aanlyn ontvang, te betaal nie.”