Wednesday, 29 April 2009

SAP kondig verminderde wins aan

Die Duitse professionele sagtewarereus, SAP, het Woensdag aangekondig dat hy 16% minder wins gemaak het in die eerste kwartaal van die jaar.

Analiste was verras deur die aankondiging, want hulle het ‘n klein toename verwag.

Daar was glo minder verkope van sagteware en ‘n herstruktureringsprogram wat onlangs aangekondig is, het ook ‘n hap geneem uit die maatskappy se uitgawes.