Die Australiese toerismebedryf sukkel reeds weens die wêreldwye resessie, maar varkgriep kan dit ’n verdere nekslag toedien.
Dié bedryf beleef tans die kwaaiste daling in 20 jaar, maar nog tienduisense werke kan in gedrang kom.
Ontleders glo die varkgriepepidemie kan toerisme kwaaier knou as die SAAS-krisis, toe baie internasionale toeriste Australië weens die lang vlugte daarheen vermy het.
Toerisme is Australië se derde grootste uitvoerbedryf en genereer jaarliks ongeveer A$24 miljard (sowat R152,7 miljard).