Beleggers moet hulle staal teen kwynende dividenduitbetalings, maan Barnard Jacob Mellet Private Client Services.
Hoofbelegger Mark Appleton het gesê die klem binne ’n relatief knel kredietomgewing val gewoonlik op die handhawing van die balansstaat, moontlik ten koste van dividenduitbetalings, hoewel elke maatskappy se benadering sal verskil.
Hy het ook voorspel dat die Suid-Afrikaanse korporatiewe verdienstebasis tot sowat 15% laer kan wees, met hulpbronmaatskappye wat die grootste deel sal dra.