Friday, 24 April 2009

IMF gaan goud verkoop

Leiers van die G20 het die IMF se plan om 403 ton goud op die mark te sit, ondersteun.

Die IMF sê hulle wil daarmee die wêreld se armste lande van hulp wees. Daarbenewens sal die goudprys laag gehou word, wat sal meewerk om beleggers te oortuig om nie aandele te versaak nie.

Die IMF het in 'n verklaring gesê dat hulle die "addisionele fondse van goudverkope sal aanwend om finansiële konsessies aan die armste lande toe te staan". Die ondersteuning van lidlande dui daarop dat die plan later vanjaar goedgekeur sal word.