Hierdie week gaan die rentekoers dalk verlaag word.
Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee (MBK) sal Donderdag aankondig of die amptelike repokoers – tans 9,5% - verder verlaag gaan word.
Die koers het tussen Junie 2006 en Junie 2008 met vyf persentasiepunte gestyg. In Desember 2008 het die Reserwebank egter begin om die koers te verlaag. Dit was toe op 'n hoogtepunt van 12%.