Friday, 17 April 2009

Onsekerheid oor die rand

Die rand het sterk vertoon in handel vroeg Vrydagoggend maar kenners meen die geldeenheid kan verswak en weer op R9.00 teenoor die dollar te staan kom.

Die kenners meen dat daar tans baie risiko is rondom die rand aangesien die dollar onder druk van die euro is asook ander markfaktore wat 'n rol speel.

Daar word heelwat onstabiliteit op internasionale markte verwag Vrydag, wat die rand kan affekteer.