Die virtuele ruimte Second Life beplan nou om ‘n skoner beeld daar te stel deur die volwasse inhoud daarvan strenger te beheer.
Second Life se skepper, Linden Labs, het hierdie aankondiging gemaak, en gesê hulle wil probeer om hierdie virtuele wêreld meer toeganklik en bruikbaar te maak vir opvoeding, konferensies en besigheid.
“Soos ons groei, is dit belangrik dat ons die diversiteit van gebruikers-gegenereerde inhoud behou, en terselfdertyd meer beheer toepas, sodat ‘n wye verskeidenheid van gebruikers steeds die virtuele ruimte van gebruik,” het Linden se uitvoerende hoof, Mark Kingdon, gesê.