Monday, 27 April 2009

Murdock kry teenstand oor kragprojek

Die inwoners van die eens ongerepte Lanai-eiland in Hawaii is ongelukkig oor wat die biljoenêr David Murdock op die eiland beplan.

Eers het hy al die pynappels laat uithaal. Toe het hy Four Seasons-hotelle en luukse villas gebou. Nou wil hy 200 windturbines langs die strand oprig. Dié projek gaan sowat $750 miljoen (R6,7 biljoen) kos.

Besoekers en inwoners voel die 122 m-hoë windturbines langs Polihua-strand, die langste wit strand op die eiland, gaan die natuurskoon heeltemal bederf.

Volgens gerugte het Murdock die afgelope drie jaar meer as $60 miljoen op Lanai verloor.