Thursday, 23 April 2009

Goeie omset vir Pick n Pay

Pick n Pay sê verbruikers is hard getref deur hoë voedselinflasie, onstabiele brandstofpryse en hoë inflasiekoerse. Die groep het hul jaarlikse uitslae bekend gemaak en gesê omset het met 17.4% gestyg en handelswins met 11.2%.

Pick n Pay sê gegewe die moeilike toestande om handel te dryf, is hulle tevrede met die resultate.