Wetenskaplikes in New York het ‘n eksperimentele plan bekendgestel om koolsuurgasse ondergronds vas te vang en groot besoedelaars soos China en die VSA te verhoed om die wêreldklimaat te verwoes.
Die tegnologie bestaan reeds, maar ‘n groep maatskappye, akademici en regeringsamptenare hoop om saam te span om New York aan die voorpunt van eksperimente te stel.