Die wêreldwye finansiële krisis is erger as wat aanvanklik gedink is, het Absa se hoof, Maria Ramos, Dinsdag gesê.
Ramos het gesê Suid-Afrika was nie immuun gewees teenoor wat in die wêreld aangaan nie en dat dit groei in die land affekteer.
Dit het die maatskappy asook die land getref en sy sê dit gaan lank neem om daarvan te herstel.