Tuesday, 21 April 2009

PepsiCo soek groter aandeel

PepsiCo, die wêreld se tweede grootste koeldrankvervaardiger, het ongeveer $6 miljard aangebied om die aandeelhouers van twee van sy grootste bottelaars uit te koop om groter beheer te verkry oor produkverkope in Noord-Amerika.

Die transaksie sal die vervaardiger van Pepsi, Gatorade en Tropicana volle beheer gee oor omtrent 80% van sy Noord-Amerikaanse volume.

Voorsitter en hoof-uitvoerende beampte, Indra Nooyi, het gesê die operasionele omgewing het dramaties verander oor die afgelope dekade.