Pretoria Portland Cement (PPC) het R4.5 miljoen geskenk aan ‘n volstruisprojek in Klipplaat. Hierdie skenking sal na verwagting die minderbevoorregte gemeenskap ‘n hupstoot gee.
Die Hardwood Farm projek, ‘n vennootskap tussen PPC en Ikhwezi munisipaliteit, sal na verwagting verskeie werksgeleenthede binne die gemeenskap skep.
Meer as 100 werksgeleenthede sal nou beskikbaar wees.