Saturday, 18 April 2009

Biljoene vir Pakistan

Internasionale skenkers gelei deur Amerika en Japan sal meer as vyf biljoen dollars aan Pakistan gee oor die volgende twee jaar om die land se ekonomie te stabiliseer asook om die verspreiding van terrorisme hok te slaan.

Amerika en Japan sal elk 1 biljoen dollars gee, Saudie Arabië het $700 miljoen aangebied en die Europese Unie sal $640 miljoen gee.

Pakistan ondervind tans ekonomiese probleme en word ook geteister deur ekstremiste.