Murray & Roberts het ‘n R5 miljard kontrak om ‘n lughawe in Dubai te bou, verloor.
Die konstruksie reus het hierdie aankondiging Donderdag gemaak.
“Die Al Habtoor Murray & Roberts Takenaka Joint Venture (HMRT) het, in ooreenstemming met Dubai Burgelike Lugvaart, besluit om te onttrek van die kontrak om die Dubai Internasionale Lughawe Concourse 3 te bou,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.