Wednesday, 22 April 2009

Daling in ystererts, onedele metale

BHP Billiton, die wêreld se grootste mynhuis, het ‘n daling aangekondig in die produksie in ystererts en onedele metale in die kwartaal wat Maart geëindig het. BHP skryf dit toe aan die trae wêreldwye aanvraag en ekonomiese onsekerheid.

BHP het aan die Australiese Effektebeurs gesê dit verwag in die medium termyn dat marktoestande taamlik onseker sal bly.