Tuesday, 21 April 2009

Mans kry swaarder

Omdat mans die meeste industrieë domineer soos vervaardiging, konstruksie en finansies, word hulle meer as vroue geaffekteer wanneer die ekonomie krimp.

Dié resessie het hulle pynlik blootgestel gelaat. Mans maak die helfte van die werksmag op, maar het meer as driekwart van die 5,1 miljoen werksverliese gedra sedert die resessie begin het. Die verhouding van mans in Amerika wat werk het, het geval van 73% tot 69%, die laagste sedert rekords begin het in 1948.

Vroue het werk verloor, maar teen ‘n minder drastiese tempo. Die eindresultaat tans is dat meer vroue die enigste broodwinners van huishoudings geword het, en hul eggenote en kinders onderhou.

Vroue word minder betaal as mans en baie huishoudings wat nou op die vrou se inkomste staatmaak, kry swaar.