Thursday, 16 April 2009

Phosa – ‘ons het foute gemaak’

ANC tesourie-generaal Mathews Phosa het in gesprek met die Kaapse Persklub erken sy party het foute gemaak met die implementering van grondhervorming, swart ekonomiese bemagtiging en baantjies vir boeties in die openbare dienssektor.

Hy het ook gesê die Zuma-regering sal fokus op ekonomiese stabiliteit, maar dat hulle nie sukkelende maatskappye sal help nie.