Vakbonde sê dat daar na beraming dalk 50 000 werke in die mynbedryf verlore sal gaan. Die mynbedryf word beskou as die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
Twee Rustenburg platinum reuse het glo alreeds aangekondig dat 15 000 werkers in die nabye toekoms sonder werk gaan sit.
Volgens die Kamer van Mynwese het die globale ekonomiese situasie die bedryf in 'n oorlewingsfase geforseer. Na beraming is sowat 5 miljoen mense afhanklik van die mynbedryf.